Paspoortaansoeke: 'n Lysie wenke
JOANIE SKRYF:
As enigiemand wil aansoek doen vir paspoorte. Ek was deur dit en het 'n paar tips.
Vat baie geduld en sit twee dae verlof in. Dit het ons tot 12:15 gevat en my man moet nog 'n dag verlof insit om weer terug te gaan.
Hulle maak eers 08:30 oop, al staan op die deur 08:00. En hulle maak 12:00 toe.
Maak twee eksta afskrifte van alle dokumente waaraan jy kan dink. Sertifiseer ook alles. En wees reg om anyway weer êrens 'n afskrif te maak van iets en dit te gaan sertifiseer.
Hulle sal iets kry wat jy kort. Ons was twee keer terug polisiestasie toe, sak en pak met altwee kinders.
Neem paspoortfoto's van jou baba en toddler, want hulle soek dit. Maar neem kennis dat hulle dit nie gaan gebruik nie en daar foto's wil neem van jou kinders.
Let wel: jou pasgebore baba moet op die stoeltjie sit en reguit vir die kamera kyk en jy mag nie in die foto saam met hom wees nie.
Vat jou kinders saam. Hulle wil hulle altwee sien. Jou baba wat in die pram slaap, is nie bewys genoeg nie; jy moet hom optel en teen die vuil venster druk.
Hulle stelsel gee kaartjies uit, maar hulle roep nooit enige nommers nie, want almal druk in elk geval in en dit is bondels mense by elke till.
As jy by die volgende till kom waar jy moet betaal voor jy kan aanbeweeg, en dit is donker en niemand is daar nie, dan staan jy maar net daar vir 20 minute tot iemand kom. As jy vra of iemand kan help, dan word net gesê: “Be a little patient.”
Gesels met almal en beweeg so stil, stil nader en wurm dan jouself voor almal in. Almal druk en bondel en daar is nie iets soos 'n ry nie.
As jou geboortesertifikaat sê dat jou ouers in SA gebore is, kan jy nie aansoek doen vir 'n paspoort nie. Al is jy 'n Namibiese burger, met 'n ID en is in Namibië gebore. Al het jy jou vorige paspoort by jou, en het meer as twee keer al 'n paspoort gekry. Al bly jy lankal nie meer by jou ouers nie. Jy moet nogsteeds 'n dokument bring wat bewys hulle is burgers van Namibië. Al het hulle niks met jou paspoortaansoek te doen nie?
Net om te hoor hoe die dame langs jou vir 'n ander persoon sê: “I make my own rules.”
Belaglik!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie