Paspoorte hopelik in September hier
’n Komitee oorweeg elke aansoek op meriete.
Henriette Lamprecht – Nuwe voorraad van groen paspoortboekies word begin September in Namibië verwag.
Dié versekering is deur die uitvoerende direkteur van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Etienne Maritz, gegee.
Maritz het gereageer op verskeie klagtes van die publiek wat sê hulle is gestrand en moes noodgedwonge reisreëlings en toere kanselleer, omdat daar nie genoeg groen paspoortboekies beskikbaar is nie.
Nog klagtes was dat die bruin reisdokument wat in die plek van die groen paspoortboekie uitgereik word, veral nie in Suid-Afrika aanvaar word nie.
Maritz het egter beklemtoon elke aansoek word deur ‘n komitee op meriete ondersoek om te verseker dié wat dringend moet reis, kry wel ‘n groen paspoort.
“Die groen paspoort word in die algemeen nie vir enige rede nou uitgereik nie. Die persoon moet iets gaan bywoon of dit moet ‘n mediese geval wees of dan ‘n student. Elke aansoek word op meriete deur ‘n komitee oorweeg,” het Maritz gesê.
Volgens hom is dit om voorsorg te tref dat die ministerie nie sonder enige paspoortboekies sit voor die nuwe voorraad begin September verwag word nie.
Ten spyte van verskeie klagtes deur die publiek oor die erge tekort sê Maritz die ministerie het nog nie “groot probleme” gehad nie en kon wel gesprekke met beswaardes voer om hul aansoeke te beredder.
Volgens hom is die ministerie tans nog nie in die stadium waar hulle glad nie meer groen paspoortboekies in voorraad het nie.
Met verwysing na die bruin reisdokument wat Namibiërs in sekere gevalle nie toegang tot Suid-Afrika gee nie, het Maritz erken daar was wel navrae, maar die reisigers is uiteindelik wel in die land toegelaat.
“Dit mag wees dat sekere beamptes nie bewus van die reëling was nie. Die minister, mnr. Frans Kapofi, het persoonlik met sy Suid-Afrikaanse eweknie hieroor vergader en ons wag ook op ‘n skriftelike antwoord.”
Volgens Maritz word die bruin reisdokument uitgereik om “maklik in Suider-Afrika” te reis.
Kapofi het vroeër erken daar is wel ‘n paar lande, veral in die Europese Unie, waar Schengen-visumvereistes geld, wat kommer oor die reisdokument uitgespreek het. Hy het toe ‘n beroep op alle lande gedoen om die reisdokument te eerbiedig omdat “die houers daarvan bona fide-burgers of inwoners van Namibië is”.
Volgens Kapofi onderhandel die ministerie tans met lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-streek om Namibiërs toe te laat om noodreisdokumente te gebruik.
In die geval waar die dokumente nie aanvaar word nie is die versoek om houers van Namibiese paspoorte in die onderskeie lande toe te laat vir ‘n geldige tydperk van ten minste die laaste week (7 dae) voor die paspoort verval. Kapofi het ook vroeër beloof die huidige en verwagte agterstand in die verwerking van paspoorte behoort teen November weer ten volle op dreef te wees.
Planne is volgens hom in ‘n gevorderde stadium om die geldigheid van Namibiese paspoorte van vyf na tien jaar te verleng.
Die groen paspoortboekies is verlede jaar van die buitelandse verskaffer bestel, maar die verskaffing is vertraag deur die finalisering van die koopkontrak en vereistes om aan die verkrygingsproses te voldoen.
Kapofi het dit beskryf as ‘n “ongelukkige situasie weens omstandighede buite ons beheer”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie