Passasiers gestrand ná Frankfurt-botsing

Air Namibia se vlerke op die Frankfurt-roete is tydelik geknip.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Dit is in hierdie stadium nie bekend wanneer Air Namibia se vlugte tussen Frankfurt in Duitsland en Windhoek sal hervat nie.

Dit volg ná ’n ligte botsing Saterdagaand by die lughawe in Frankfurt toe Air Namibia se enigste Airbus A330-200 wat tans in gebruik is, pas ná landing op pad na sy parkeerplek die vlerk van ’n Boeing 777 van Korean Air getref het.

Dit het om 18:20 gebeur kort nadat die vlug uit Windhoek neergestryk het.

Die nasionale redery sê in ‘n verklaring die Duitse burgerlugvaartowerheid, Luftfahrt-Bundesamt (LBA), het dadelik beide vliegtuie aan vlugte onttrek om die voorval te ondersoek.

’n Passasier op die vlug het gister in ‘n e-pos aan Republikein gesê die twee vliegtuie se vlerke is beskadig. “Die vliegtuig het tot stilstand geruk en al wat ‘n brandweerwa en noodvoertuig is, het ons omsingel.

“Daar was geen woord van die bemanning en kaptein nie, en mooi 45 minute later is ons eers meegedeel dat ons in ’n botsing was,” skryf hy.

Volgens die passasier is die vlug se vertrektyd in die voorafgaande dae vier keer verander. “Die vlug was veronderstel om Saterdag om 21:35 vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te vertrek, maar toe vlieg ons al Saterdag 08:00.”

Hy sê hulle is eers omtrent twee ure ná die botsing van die vligtuig af na die terminaal geneem.

Die 244 passasiers wat in daardie stadium op die lughawe in Frankfurt gewag het om met vlug SW286 na Windhoek te vlieg, moes teleurgesteld hoor die vlug is gekanselleer.

Air Namibia sê die passasiers op die volbespreekte vlug is huisvesting vir die nag aangebied.

Hulle en die passasiers wat gister sou vlug, is op ander rederye se vlugte geakkommodeer, sê Air Namibia.

“Air Namibia sal eers toegang tot sy vliegtuig kry as LBA se ondersoek afgehandel en die herstelwerk gedoen is.” Die nasionale redery sê nie wanneer dit sal wees nie.

Intussen word die ander Airbus A330-200 in die vloot wat op die Frankfurt-roete gebruik word, tans gediens. Dit sal eers op 30 November weer in gebruik wees, het mnr. Twaku Kayofa, Air Namibia se woordvoerder, vroeër aan Republikein gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!