Passasierskip bots teen boot in Venesiu00eb
Passasierskip bots teen boot in Venesiu00eb

Passasierskip bots teen boot in Venesië

Minstens vier mense is beseer toe die gewilde passasierskip die MSC Opera Sondag teen ’n rivierboot in Venesië, Italië, gebots het.

Die plesierboot was vasgemeer. Volgens die Daily Mail het dit 110 passasiers aan boord gehad.

Reddingswerkers is onmiddellik ontbied.

’n Video-opname wat op sosiale media versprei word, wys hoe toeriste in alle rigtings wegskarrel. Dit lyk of die MSC Opera beheer verloor het en toe direk in die kleiner vaartuig vasvaar.

Twee sleepbote kon nie die skip se momentum keer nie.

MSC Cruises, die eienaar van die MSC Opera, het gesê dat die vaartuig onderweg was om by 'n passasiersterminaal aan die Giudecca-kanaal vas te meer.

Die MSC Opera is 275 m lank, weeg 65 591 ton en het 2 679 passasiers aan boord.

Dit het sy reis na Venesië op 26 Mei begin nadat dit onder meer Montenegro, Mykonos, Santorini en Corfu aangedoen het.

Reuters berig dat die veiligheid van groot skepe in Europese stede weer onder bespreking gekom het nadat ’n passasierskip en ’n plesierboot verlede week op die Donaurivier in Boedapest gebots het. Sewe mense is in dié ongeluk dood terwyl nog 21 mense vermis word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!