Pastoor in Gobabis-hof oor renosterstropery
Pastoor in Gobabis-hof oor renosterstropery

Pastoor in Gobabis-hof oor renosterstropery

'Profeet' Jackson Babi se regsverteenwoordiger het 'n dringende aansoek in die Windhoek-hoërhof gebring, maar dit weer laat vaar.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries het Maandag in die landdroshof op Gobabis op nóg 'n klag van renosterstropery verskyn.

Dit volg nadat die selfverklaarde profeet verbind word met 'n sindikaat van minstens agt beskuldigdes wat glo verantwoordelik is vir die stropery van vier renosters op twee verskillende plase in die Gobabis-distrik.

Landdros Eden Iyambo het die saak tot 15 September vir verdere polisieondersoek uitgestel en gelas dat Babi in aanhouding bly.

Mnr. Marchell Hoeb het aangekla en mnr. Kadhila Amoomo verdedig vir Babi.

Intussen het Amoomo verlede week 'n dringende hofaansoek in die Windhoek-hoërhof gebring om Babi se saak van die rol te skrap op grond van 'n onwettige en ongeldige lasbrief om sy eiendom te deursoek, maar hy het Maandag dié aansoek laat vaar.

Regter Harald Geier het gelas dat Babi die hofonkoste van die respondente – die aanklaer-generaal, die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie en die landdros van Gobabis – moet dra en het die saak van die rol geskrap.

Twee renosterhorings, 'n jaggeweer en ammunisie is glo in Babi se huis op erf 454 in Rheintfonteinstraat in die Kleine Kuppe-woonbuurt in Windhoek gevind.

Babi se medebeskuldigde is die 25-jarige mnr. Frizans Dumeni wat verlede Woensdag saam met hom in die Windhoek-landdroshof verskyn het

Albei staan tereg op klagte van renosterstropery, -horingsmokkelary en die onwettige besit van renosterhorings, 'n vuurwapen en ammunisie.

Hul saak is tot 24 Julie vir verdere ondersoek uitgestel.

Hulle is einde Mei saam met ses ander verdagtes in Windhoek en op Otjiwarongo in hegtenis geneem.

Die ander beskuldigdes is mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus wat verlede Maandag op klagte van renosterstropery en geldwassery op Gobabis verskyn het.

Hulle bly in aanhouding tot hul volgende verskyning op 15 September.

Die vier wat op Otjiwarongo in hegtenis geneem is toe hulle glo twee renosterhorings aan 'n geheime polisiebeampte wou verkoop, is mnre. Enos Uutoni, Onesmus Haufiku, Vaaruka Musutua en Elias Nashivela.

Nashivela is 'n voormalige lid van die Namibiese weermag en Haufiku 'n polisiebeampte verbonde aan die eenheid vir die beskerming van baie belangrike persone (BBP's) in Windhoek. Hulle bly ook in aanhouding.

Volgens 'n boer op wie se plaas verlede week twee witrenosterkarkasse gevind is, is dieselfde kaliber geweer gebruik in 'n vorige stropery waar twee renosters op 'n ander plaas in die Gobabis-distrik geskiet is.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!