Patoloog getuig oor doodsoorsaak
Dr. Vasin sê die toestand van die liggaam verberg beserings.
Jacqueline Louw - Dr. Yuri Vasin, staatspatoloog, kon nie mnr. Ernst Cloete se doodsoorsaak bepaal nie, omdat die liggaam reeds in 'n gevorderde stadium van ontbinding was tydens sy ondersoek.
Mnre. Riaan Khaxab en Hans Kamberipa staan tereg op die moord van Cloete, wat op of ongeveer 28 November 2011 op die plaas Drie Riviere in die Rehoboth-distrik vermoor is.
Tydens kruisondervraging op 19 Januarie in Windhoek se hoërhof het Vasin, wat al sowat 8 000
nadoodse ondersoeke uitgevoer het, getuig dat hy geen tekens van aanranding aan Cloete se liggaam kon vind nie, omdat ontbinding enige beserings sou verberg.
Hy het getuig dat patoloë beperk word deur die toestand van 'n liggaam.
Vasin het verder getuig daar is geen frakture aan die skedel en nekwerwels nie en dat hy dus aflei die agterkant van die byl waarmee Cloete na bewering vermoor is, is gebruik. Indien die skerp kant gebruik is, sou die skelet merke getoon het.
Adv. Brownell Uirab het gesê 'n eindelose aantal moontlikhede kon Cloete se dood veroorsaak - 'n stelling wat Vasin nie kon weerlê nie.
“Weens die toestand van die liggaam kon ek nie beserings vind wat ek kan sê die dood veroorsaak het nie,” het Vasin gesê. Khaxab en Kamberipa het na bewering die oorledene se beursie, vuurwapen, 30 skape, drie bokke en 'n selfoon gesteel. Hulle staan ook tereg op klagte van roof, dwarsboming van die gereg en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie.
Volgens die staat het die twee Cloete met 'n byl gekap waar hy na sy skape en bokke omgesien het. Hulle het toe sy hande en voete met 'n tou vasgebind en sy liggaam in die bosse weggesteek en met struike bedek.
Regter Dinnah Usiku hanteer die saak. Khaxab word deur Uirab verteenwoordig, Kamberipa deur mnr. Mese Tjituri, en adv. Cliff Lutibezi tree namens die staat op.
Die verhoor sal vandag voortgesit word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie