Paul Dixon steun DeLHRA se woestynleeus

Bekroonde kunstenaar se werke vertoon
Yandi Du Plessis
Adolf Kaure op Swakopmund – Paul Dixon, verlede jaar se Wildlewe Kunstenaar van die Jaar*, het onlangs sy jongste solo-uitstalling, Beneath the Namibian Sky, in die Fine Art Gallery in Swakopmund geopen.

Die versameling bestaan uit 50 kunswerke – 30 skilderye en 20 tekeninge – wat aan die bewaring van wild opgedra is.

Dixon het reeds meer as N$100 000 ingesamel vir liefdadigheidsorganisasies soos Desert Lions Human Relation Aid (DeLHRA) deur sy unieke kunswerke vir spesiale fondsinsamelings in Namibië op te veil.

“Ek het dit gedoen om geld vir DeLHRA in te samel sodat hulle kan voortgaan met die monitering van leeus en kan aanhou met die waardevolle werk wat hulle doen. Die geld sal help om die kwesbare omstandighede waarin die leeus verkeer, dop te hou,” het Dixon gesê.

Hy het bygevoeg dat ’n paar leeus onlangs uit die woestyn verwyder en na ander plekke verskuif is. “Dis vir hul eie beswil gedoen, want hulle het letterlik van die honger gevrek. Daar is geen ander wild nie, so die leeus mik al hoe meer na boere in die omgewing se vee. In plaas daarvan dat die boere die leeus doodmaak, verwyder DeLHRA hulle eerder,” het Dixon verduidelik.

In terme van die werk, het Dixon gesê dit het hom nagenoeg ’n jaar geneem om die 30 skilderye wat nou vertoon word, te voltooi. “Ek het tussen 12 en 14 uur per dag in my ateljee in Kaapstad gewerk.”

Ter ondersteuning van DeLHRA, gaan die wins van drie van sy werke ten volle aan DeLHRA.

Oor die titel van hierdie uitstalling, sê die kunstenaar dit verwys na Namibië se groot, dorre landskappe, wild, asook gebalanseerde en ongeskonde ekosisteme.

“Daar is niks belangriker vir toekomstige geslagde as diere en die land self nie; dis spesiale plekke wat ons luim lig, ons gemoed vul en ons passie vir die lewe hernu,” het hy gesê.

Die eienaar van die Fine Art Gallery, Martina von Wenzel, het Dixon geloof omdat hy ’n kunstenaar is wat ’n dieper begrip van die wêreld en sy natuurlewe geïnspireer het, en suksesvolle bewaringspogings en bewustheid van bedreigde spesies en hul habitatte aanmoedig.

“As ’n internasionaal erkende kunstenaar wat reeds dekades lank leeus waargeneem het, dien die werk wat vir hierdie uitstalling geskep is as ’n huldeblyk aan dié diere en ondersoek dit vrae oor die mens se diepe vrees, liefde en bewondering van hierdie wesens,” het Von Wenzel gesê.

Die uitstalling kan tot 8 Oktober besigtig word.

* Die Kunstenaar van die Jaar-kompetisie (bekend as die “Oscars” van internasionale wildkuns), word deur die David Shepherd Wildlife Foundation aangebied. Elke jaar word inskrywings van honderde talentvolle kunstenaars vanoor die wêreld heen verwelkom in ’n viering van uitstaande kuns.

Foto's Adolf Kaure

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!