Pauw su00ea oor IGI-dokumente
Pauw su00ea oor IGI-dokumente

Pauw sê oor IGI-dokumente

Setlhomamaru Dintwe, inspekteur-generaal van intelligensie (IGI) in Suid-Afrika, het by Jacques Pauw, skrywer van The President’s Keepers, aangeklop om sy naam skoon te kry.

Pauw sê Dintwe het hom om ’n brief gevra, waarin hy bevestig dat nóg die IGI nóg sy personeel geheime staatsdokumente aan die skrywer verskaf het.

Volgens Pauw het Dintwe gesê die opvatting in die staatsveiligheidsagentskap (SVA) was dat die IGI se kantoor die dokumente beskikbaar gemaak het.

Pauw se onthulling volg op ’n mediaverklaring Woensdag waarin Dintwe bekend maak dat hy ’n dringende hofaansoek ingedien het om Arthur Fraser, hoof van die Staatsveiligheidsagentskap (SVA), te verhinder om in sy werksaamhede in te meng en sy sekerheidsklaring op te skort.

“Hy het verwys na twee verslae van sy voorganger, Faith Radebe, oor Fraser se mislukte PAN-projek (Principle Agent Network),” sê Pauw.

Fraser het die projek ingestel en oorsien toe hy van 2007 tot 2009 adjunk-direkteur-generaal van nasionale intelligensie was.

“Dintwe wou ’n brief van my hê dat nóg hy, nóg enige van sy personeel, sulke dokumente aan my verskaf het.

“Hy’t gesê: ‘Jou brief ter bevestiging dat ek nooit enige verslag met jou gedeel het nie is van kritieke belang’,” het Pauw bygevoeg.

Jou brief ter bevestiging dat ek nooit enige verslag met jou gedeel het nie is van kritieke belang.

Pauw sê hy het die brief aan Dintwe voorsien.

“Toe ek my boek geskryf het, het ek nié die twee IGI-verslae oor die PAN-projek gehad nie. In der waarheid het die SVA in 2014 gesê dat die (destydse) IGI, Fraser en die SVA vrygespreek het van hul beweerde kriminele aandadigheid in die projek,” aldus Pauw.

Hy sê die IGI-verslae het eers nadat sy boeke verskyn het in sy hande beland.

Intussen het Dintwe Woensdag gesê dat hy die hof sal vra om maatreëls in plek te stel om sy “persoonlike veiligheid” te waarborg na Fraser se “brutale en onwettige optrede”.

Fraser word in Pauw se boek daarvan beskuldig dat hy ’n parallelle intelligensienetwerk voor 2010 bedryf het.

Volgens die boek het ’n interne SVA-ondersoek bevind dat Fraser van hoogverraad aangekla moet word vir sy aandeel in die PAN-projek.

Dintwe sê hy het verskeie ernstige klagte teen Fraser ontvang en dat dit die intelligensiedienste se naam en beeld skade berokken.

Die DA het in Mei 2017 ’n amptelike klag by die IGI ingedien waarin ’n ondersoek na Fraser se betrokkenheid by die PAN-projek aangevra word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!