PDM-aansoek oor Sardarov-plase ingedien
Die amptelike opposisie vra die hof moet ‘n verbod op enige ontwikkelings op vier plase van die Rus plaas, hangende die uitkoms van hul aansoek om die transaksie nietig te verklaar.
Elvira Hattingh - Die Popular Democratic Movement (PDM) het op 14 Desember ‘n hersieningsaansoek by die Windhoekse hoërhof ingedien, waarin hul vir ’n dringende interdik teen mnr. Rashid Sardarov en sy maatskappy, Comsar SA, vra.
Hulle wil hê die hof moet ‘n verbod op enige ontwikkeling op vier plase van sowat 17 400 ha plaas, hangende die uitkoms van hul aansoek om die transaksie nietig te verklaar.
Die opposisie moet voor die einde van Desember aandui of hulle die aansoek gaan teenstaan of nie.
Dít volg ná die Namibiese regering sowat twee weke voor die nasionale grondkonferensie vroeg in Oktober oordrag geneem het van vier plase by Dordabis, wat nou vir 99 jaar aan die Russiese oligarg en grondbaron mnr. Rashid Sardarov (63) verhuur word. Die Rus het vir die grond betaal.
Die amptelike opposisie wou later in dieselfde maand deur dringende ‘n hofaansoek die hoërhof vra om die huurooreenkoms van 99 jaar en die voorafgaande kooptransaksies van die plase ongeldig te verklaar.
Die PDM se mnr. Nico Smit het gesê hul regsverteenwoordiger, me. Elize Angula, van die firma Lorentz & Bone, het die party egter daarop gewys gronde vir dringendheid ontbreek en so ‘n aansoek sal die gewone mosiepad moet loop.
JONGSTE AANSOEK
In die jongste aansoek dui die PDM aan hy sal ‘n aansoek indien om die huurooreenkoms van 99 jaar aan die grondbaron ter syde te stel en dat die “skema” wat deur die betrokke partye opgetrek is en deur middel waarvan die regering die wettige eienaar van die grond geword het, as onwettig moet verklaar.
Hulle sal ook ‘n uitsettingsbevel vra vir Comsar en diegene wat in diens van die maatskappy is of die aan stuur van die Rus se plase is, en ‘n bevel dat die ministerie van grondhervorming die plase ingevolge die wet moet toeken.
Die PDM se president, mnr. McHenry Venaani, het in ‘n beëdigde verklaring, wat saam met die aansoek ingedien is, onder meer gesê die skema is onwettig en ‘n huurooreenkoms van 99 jaar kom eintlik op eienaarskap neer.
Venaani beweer die ministerie van grondhervorming was nie by magte om so ’n ooreenkoms aan te gaan nie en dat dit ‘n doelbewuste omseiling van die wet was.
Die wet bepaal onder meer ’n buitelander mag nie landbougrond vir ’n tydperk langer as 10 jaar huur nie – slegs voorheen benadeeldes het die reg om grond 99 jaar te huur, het hy gesê.
Venaani sê die PDM se regspan het op 30 Oktober ‘n brief aan Comsar se algehele bestuurder geskryf om hulle van die beplande hofaansoek in kennis te stel en te versoek dat hulle nie met ontwikkelinge op die plaas sal voortgaan nie, maar hulle het nog geen reaksie ontvang nie.
“’n Interdik is slegs nodig indien dit bevestig kan word dat Comsar met die beplande ontwikkeling voortgaan.
“Dit is algemene kennis dat baie Namibiërs sonder grond is en ‘n ernstige behoefte daaraan het. Hierdie ontwikkelinge kan hierdie doelwit ondermyn, wat van openbare belang is. Dus moet dit gestop word tot daar oor die geldigheid van die huurooreenkoms beslis kan word,” het Venaani gesê.
Smit het vroeër gesê dié party is oortuig daarvan hy het ’n sterk saak ingevolge die wet op die hervorming van landbougrond om die huurooreenkoms, die verkooptransaksie en die oordrag van die plase “uit die staanspoor uit” (ab initio) ongeldig te laat verklaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie