PDM beloon vrywilligers
Agente ontvang toelae
Die Popular Democratic Movement (PDM) het aangekondig dié party het begin met die uitbetaling van waarderingstoelae aan lede wat bereid was om as agente tydens die Nasionale Vergadering- en presidentsverkiesings van 2019 op te tree.
Op dié wyse word waardering aan alle Namibiërs getoon wat as vrywilligers vir die PDM tydens die verkiesingsproses gewerk het.
Die agente moes die stembusse dophou en enige ongerymdhede aanmeld. Hul taak het ook ingesluit om die hantering van die elektroniese stemtoestelle (EVM's) ná die stemproses waar te neem, ooggetuies te wees tydens die oop- en toemaak van stemlokale en die relevante vorms van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) te onderteken.
Tot dusver het vrywilligers van die Khomas-, Erongo-, Hardap-, en Oshanastreek hul toelae ontvang en die //Karasstreek was mees onlangs aan die beurt. Die oorblywende streke sal in Julie vanjaar hul toelae ontvang.
Almal wat tydens die 27 November 2019 president- en Nasionale Vergadering-verkiesings as PDM-agente gewerk het, word aangemoedig om hul toelae vanaf die tweede week van Julie by hul plaaslike koördineerders te gaan afhaal.
“Die beheerliggaam bedank alle Namibiërs wat hul demokratiese regte uitgeoefen het en vir die PDM gestem het,” skryf mnr. Manuel Ngarigombe, sekretaris-generaal van die PDM, in ’n nuusverklaring vandeesweek.
“Die verbetering in die aantal setels van vyf in 2014 tot sestien in 2019 het PDM die mandaat gegee om namens die stemloses op parlements- en streeksvlakke te praat. Ons waardeer die ondersteuning van alle Namibiërs, PDM-personeel, vrywilligers, veral verkiesingsagente. Ons sien uit daarna om in die toekoms met u saam te werk,” sê Ngarigombe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie