PDM gee nie bes
PDM gee nie bes

PDM gee nie bes

Die amptelike opposisie sê Swapo voel toenemend die hitte van sy teenwoordigheid.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die stof rondom 'n kieshofuitspraak ten gunste van twee lede van die Popular Democratic Movement (PDM) teen dié party en die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) verseg om te gaan lê.

Die PDM het gisteroggend op 'n nuuskonferensie in die hoofstad by monde van sy hoofsweep, mnr. Vipua Muharukua, gesê die nuwe baadjie wat die party se voorganger, die Democratic Turnhalle Alliance (DTA), aangetrek het, hou 'n groot bedreiging in – selfs en veral vir die regerende party, Swapo.

Volgens hom het die PDM die laaste jare daarin geslaag om aan te beweeg van die juk van 'n stamgebonde party.

“Ons stel nie net bevoegde leier­skap ten toon nie, maar ook diversiteit. Ons is vandag gelukkig ons het wegbeweeg van daardie soort aantygings (stamgebondenheid).”

Dít, meen Muharukua, is wat hul kritici teen die mure uitdryf.

“Die PDM het uiterste bevoegdheid in die parlement getoon as 'n party wat baklei vir die belange van die Namibiese mense. Ons sal nie naïef wees om te dink sulke werk, sulke sukses sal nie teenkanting laat uitbroei nie.”

Muharuaka het opnuut die woorde van die PDM-president, mnr. McHenry Venaani, van vroeër vandeesweek beaam dat die amptelike opposisie nie sy lys van voornemende LP's verander het om sekere kandidate uit te sluit nie.

“Dit is nie feitelik akkuraat nie. Die PDM het nie sy aanvanklike lys verander nie.”



JONGELINGE

Muharukua sê dit is eweneens bog dat die PDM van sy jong LP's ontslae wil raak. Trouens, sê hy, sou die hofuitspraak in werking gestel word sal daar minder jongelinge in die parlement wees.

Venaani het Maandagmiddag gesê die amptelike opposisie gaan appelleer teen die kieshofuitspraak.

Ingevolge dié bevinding moet die PDM vier ingesweerde LP's vervang met vier ander vanweë 'n geskil oor die party se lys van kandidate vir die Nasionale Vergadering (NV).

Venaani sê Maandag se uitspraak laat nie geregtigheid geskied aan regsreëls nie. “Die uitspraak het 'n aantal foute.”

Derhalwe gaan hulle hul tot die hooggeregshof wend, het hy ­benadruk.

Hul appèl gaan geskoei wees daarop dat 'n wet nie verhewe bo die Grondwet kan wees nie.

“'n Leier kan nie gekies word op grond van 'n tegniese punt nie.”

Hy sê tot die appèl afgehandel is, sal hulle nie die kieshof se bevinding uitvoer om vier van hul LP's met vier ander te vervang nie.

Me. Charmaine Tjirare en mnr. Hidipo Hamata het Maandag 'n oorwinning in die kieshof behaal om as LP's ingesweer te word.

Me. Yvette Araes en mnr. Max Katjimune was aanvanklik deel van die beplande geding maar het in 'n latere stadium daaraan onttrek.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Bournemouth 3 vs 1 Southampton | Manchester United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Ipswich Town 2 vs 2 Aston Villa | Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 1 Las Palmas | Atletico Madrid 1 vs 1 Real Madrid | Real Betis 1 vs 0 Espanyol | Athletic Club 1 vs 1 Sevilla | Celta Vigo 1 vs 1 Girona | Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves SerieA: Parma 2 vs 3 Cagliari | Napoli 2 vs 0 Monza | Empoli 0 vs 0 Fiorentina | AS Roma 2 vs 1 Venezia | Como 3 vs 2 Hellas Verona | Torino 2 vs 3 SS Lazio | Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers English Championship: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers #N/A Currency: GBP to NAD 22.99 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.29 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132 | USD to AOA 940.11 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.2 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1639.19 | USD to ZAR 17.3 | USD to ZMW 26.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1898.19 Down -1.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14372.84 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31587.04 Up +0.41% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 650.89/OZ UP +0.57% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.32% | Zinc US$ 3 149.00/T UP 2% | Brent Crude Oil US$ 71.98/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 980.19/OZ UP +0.04% #N/A