PDM hersien, beplan in 2021
Die Popular Democratic Movement beplan om vanaf tak tot streek en jeugliga tot die Raad van Oudstes te herstruktureer.
Augetto Graig - Die Popular Democratic Movement (PDM) se sekretaris-generaal, mnr. Manuel Ngaringombe, sê sy party sal die resultate van die afgelope streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings aan die begin van 2021 hersien.
Nadat die PDM beheer oor verskeie plaaslike owerhede verloor het, vra die party vir insette vanaf partylede en die publiek tot 11 Januarie 2021 oor hoe die party kan verbeter.
“Die PDM neem kennis van die onlangse besluit van die verkiesingshof om in Mariental Landelik-kiesafdeling, en op Stampriet, Aroab en Koës dié verkiesings te herhaal. Die PDM sal aan dié herverkiesings deelneem en mobilisering het reeds begin. Ons moedig dus kiesers in Mariental Landelik, Stampriet, Aroab en Koës om in groot getalle na die stembusse te gaan en vir die PDM te stem,” sê hy.
Prestasies van die onlangse verkiesings sluit in ’n groter mandaat op streekraadsvlak, sê Ngaringombe, en om vir die eerste keer in beheer te wees van die Katutura Sentraal-kiesafdeling sedert onafhanklikwording.
“Dit dui dat die beweging binne die stedelike omgewing groei, en die jong stedelike massas bereik,” sê hy.
Die PDM het ook ’n administratiewe sekretaris en 16 streekkoördineerders aangestel, sê hy.
“Ons is vol vertroue met dié streekkoördineerders sal die PDM meer effektief die massas kan bereik en op voetsoolvlak die beweging aan die lewe hou,” sê hy.
PDM het op 14 Desember ’n lid van die Internasionale Demokratiese Unie (IDU) geword.
Volgens Ngaringombe is die IDU die grootste wêreldwye groepering van sentraal-regse politieke partye.
“PDM is ’n sentraal-regse party wat glo in demokrasie vir die vooruitgang van burgers en nie in die nasionalisering van hulpbronne of die ekonomie nie,” sê hy.
Die PDM se president, mnr. McHenry Venaani, is op 25 September herkies as die voorsitter van die Demokratiese Unie van Afrika (DUA), wat partye met dieselfde denkwyse op die vasteland verenig, volgens Ngaringombe.
Die sekretaris-generaal het aangekondig kiesafdelings en takkomitees sal volgende jaar hersien word en meer inligting daaroor kan in Januarie verwag word.
Die PDM se jeugliga, vroueliga en Raad van Oudstes sal ook in 2021 geherstruktureer word om vir die jaarkongres voor te berei, sê hy.
Die PDM sal ook ’n forum vir vrywilligers stig om struktuur te gee en beter gebruik te maak van vrywilligers wat veral gedurende die laaste verkiesings behulpsaam was, sê Ngaringombe.
Vroeg volgende jaar word ’n beleidskonferensie beplan waar die party sy standpunt oor verskeie kwessies sal uitklaar. Dit sluit onder andere die kwessie van ’n basiese inkomstetoelaag (BIG) in. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie