PDM-leierskap voltallig
Praktiese ingrype en deelname tot verkiesings ná beleidskonferensie later die maand.
Augetto Graig – Die Popular Democratic Movement (PDM) se sentrale komitee het vandeesmaand besluit om me. Esmerelda !Aebes en mnr. Besnen Katjirijova in die vakante posisies in sy nasionale uitvoerende komitee aan te wys.
Die twee vervang mnre. Roger Nautoro en Benjamin Mckay wat beide bedank het uit hul onderskeie posisies as sekretaris vir regsake en sekretaris vir organisasie en mobilisering.
Die PDM is die land se amptelike opposisieparty en volgens sy sekretaris-generaal, mnr. Manuel Ngaringombe, het die sentrale komiteevergadering van 5 Junie ’n verskeidenheid kwessies bespreek, insluitend ’n komende beleidskonferensie, finansiële bydrae vanaf partylede wat as openbare ampsdraers optree, komende verkiesings in die Opuwo-landelike en Katima Mulilo-stedelike kiesafdelings, asook die party se skenking van ’n vraghouer omskep vir gebruik as ’n kliniek by Grünau.
Partylede wat openbare ampsposisies beklee, sal ’n persentasie van hul maandelikse inkomste aan die party afstaan. Volgens Ngaringombe volg hierdie besluit op die geldtekort vir gemeenskapsontwikkeling, asook die PDM se ingesteldheid “om te doen wat ons kan, moet ons nóú doen, selfs al is ons nog nie die regering nie.”
Dié geld sal in die PDM se aksieprogram vir plaaslike en nasionale ontwikkeling teruggeploeg word, sê hy. Die presiese persentasie sal nog deur die party se finansieskomitee vasgestel word, maar die sekretaris-generaal verseker dat dit nie vir almal dieselfde sal wees nie. “Die aftrekking vir ’n plaaslike owerheid raadslid sal laer as vir ’n parlementslid wees,” het hy gesê.
Die geld sal ingespan word vir inisiatiewe soos die party se skenking van ’n vraghouer, toegerus vir gebruik as ’n kliniek vir die Grünau-gemeenskap. Die vraghouer bevat ’n enkelbed en is gerig op die verskaffing van primêre gesondheidsdienste. Teen sowat N$200 000 in waarde is die vraghouer op die AME-kerkperseel opgerig en reeds aan die regering oorhandig vir die gesondheidsministerie se gebruik.
Die skenking is in lyn met die 2019 partybeleid “een kiesafdeling, een kliniek”, sê Ngaringombe. “Die sentrale komitee het beklemtoon dat, as ’n party wat glo in praktiese aksie, soortgelyke ingrype moet voorkeur geniet en die PDM is toegewy om dit te herhaal,” sê hy.
Verder bly PDM daartoe verbind om aan komende verkiesings deel te neem. Mnr. Western Muharukua is hul verkose kandidaat in die Opuwo landelike kiesafdeling se verkiesing op 2 Julie. Die PDM sal later sy kandidaat kies om in die Katima Mulilo stedelike kiesafdeling deel te neem, sê Ngaringombe.
Die beleidskonferensie sal vanaf komende Maandag tot 25 Junie plaasvind. Intussen moedig die sentrale komitee PDM-lede aan om op voetsoolvlak kiesers te werf en die grondwerk vir oorwinning in die volgende nasionale verkiesings in 2024 te doen, sê hy.
– [email protected]
FOTO
Die PDM se sekretaris-generaal, mnr. Manuel Ngaringombe. Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie