PDM: Ombudsman moet Iyambo se behuising ondersoek
PDM: Ombudsman moet Iyambo se behuising ondersoek

PDM: Ombudsman moet Iyambo se behuising ondersoek

Ronelle Rademeyer
Die leier van die amptelike opposisie vra in ’n brief aan die ombudsman, dr. John Walters, hy moet aandring op ’n bewys van die regering dat die voormalige visepresident, dr. Nickey Iyambo, vir sy staatsbehuising betaal.

Mnr. McHenry Venaani, president van die PDM, sê volgens sy inligting woon Iyambo sedert sy aftrede 13 maande gelede in ’n “regeringsvilla” in Eros, Windhoek, sonder ’n huurooreenkoms en gevolglik ook sonder om huur te betaal.

Hy sê hy het reeds twee weke gelede in die Nasionale Vergadering (NV) vrae aan die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Martin Andjaba, oor onder meer hierdie kwessie gerig.

In sy brief aan Walters sê hy die regering moet Iyambo versoek om markverwante huur te betaal.

Verder moet dit terugwerkend betaal word om voorsiening te maak vir die hele tyd wat hy reeds daar woonagtig is.

Venaani dring in sy brief daarop aan dat dieselfde betalingvereistes aan Iyambo gestel word as wat vir prof. Joseph Diescho gegeld het toe sy kontrak by die Namibië Instituut vir Openbare Bestuur (Nipam) destyds beëindig is.

Diescho het dié regeringshuis voor Iyambo bewoon.

Hy eis verder dat die ombudsman binne 25 dae bewys dat betalings wel gemaak is.

Andjaba het Donderdag in die NV gesê Iyambo woon tydelik in dié huis, terwyl die konsepwetgewing oor presidente en voormalige presidente, asook visepresidente en voormalige visepresidente, opgestel en ter tafel gelê word.

Hy het verduidelik die regering moes Iyambo se voordele as voormalige visepresident goedkeur nog voor die nodige wetgewing daarvoor die lig gesien het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!