PDM slaan vure dood
Ofskoon 'n interne storm binne die amptelike opposisie woed, sê die party se leiers eenheid word nie bedreig nie.
Denver Kisting – Mnr. McHenry Venaani, president van die Popular Democratic Movement (PDM), sê sommige lede van sy party probeer hul weg parlement toe stoomroller.
Dít kom nadat vier PDM-lede onlangs die party en die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) laat weet het hulle mik hof toe as daar nie aan hul eise gehoor gegee word nie.
In ’n brief gedateer 6 Februarie 2020 skryf die Windhoekse prokureur mnr. Norman Tjombe namens die vier gegriefde partye, me. Charmaine Tjirare, mnr. Hidipo Hamata, me. Yvette Araes en mnr. Max Katjimune, aan die hoofkiesbeampte van die ECN, mnr. Theo Mujoro.
Tjombe sê sy kliënte se name is voor verlede jaar se nasionale verkiesings aan die ECN voorgelê vir oorweging om as kandidate vir die Nasionale Vergadering (NV) te staan.
Volgens die prokureur was die viertal onderskeidelik in posisies 12, 13, 14 en 17 op die PDM se parlementslys.
Die party het in die NV-verkiesing op 27 November 16,65% van die stemme op hom verenig wat ’n totaal van 16 setels beteken, skryf Tjombe.
Hy sê voorts mnr. Reggie Diergaardt, wat die party onlangs onsuksesvol in die tussenverkiesing in die Khomasdal-kiesafdeling verteenwoordig het, was in die 15de posisie, maar het ná verlede jaar se verkiesing bedank.
Dít het meegebring dat die vier ongelukkige lede almal vir ’n stoel in die NV in aanmerking gekom het omdat elkeen weens Diergaardt se bedanking een plek opgeskuif het.
Die prokureur sê die lede moes sedertdien tot hul skok van ’n ander lys kennis neem.
Hy vra onder meer die nasionale kiesliggaam moet die NV-aankondiging, wat PDM-lede betref, opskort tot die geskil besleg is.
Hiernaas dring Tjombe aan op die korrespondensie tussen die ECN en die PDM oor die amptelike opposisie se kieskollegelys.
Hy vra ook dat die regsmening, wat die ECN glo van adv. William Mokhare SC van Suid-Afrika ingewin het oor ’n interpretasie van die kieswet, aan hulle openbaar gemaak word.
Ingevolge dié interpretasie moes almal wat hoop om verkies te word tot die NV en ’n regeringspos beklee of in ’n plaaslike of streekowerheid dien uit dié pos bedank voor hulle mag staan om verkiesbaar tot die NV te wees.
Tjombe het verlede jaar kort nadat dié nuus rugbaar geword het, gesê dit is ’n verkeerde interpretasie van die wet.
Verlede week het hy opnuut gesê die ECN is berug daarvoor om doele in sy eie net te skop.
Venaani sê hulle was uit die staanspoor opreg oor hul posisie teenoor die ECN se standpunt.
“Ons het ons ontevredenheid gewys en dat die (interpretasie van die) wet as ongrondwetlik beskou sou kon word.”
Boonop praat die viertal strooi as hulle aanvoer hulle het op meriete boaan die party se lys beland, het hy volgehou.
“Dit was omdat ander verwyder is.”
Tjirare, ’n werknemer by ’n tersiêre instelling, het nie eens bedank soos die ECN vereis het nie, het Venaani voorts uitgevaar.
Ook, sê hy, dit is onwaar dat Diergaardt bedank het.
“Ek dink mense gebruik dit net om toegang tot die parlement af te dwing.”
’n Ander senior lid van die party meen die viertal voer ’n moedige stryd, maar sal vanweë die grootte van die groep nie die party se eenheid in die wiele kan ry nie.
“Ja, omtrent moedig. Ons werk aan die spanwerk. Die groepie is te klein om verdeeldheid teweeg te bring.”
Mujoro het bevestig die PDM het voor die 27 November-verkiesings ’n lys met benoemde kandidate aan die ECN verskaf en onder eed beweer dié kandidate voldoen aan die vereistes van die kieswet en die Grondwet.
“Die benoemingsproses is toe afgehandel en die verkiesings is gehou.”
Hy sê die kieswet het geen saak met hoe ’n party ná ’n verkiesing die NV-sitplekke wat hy verower, vul nie.
Volgens Mujoro laat skedule 4 (4) van die Grondwet politieke partye toe om lede vir die NV volgens hul eie keuse saam te stel.
“Dit is twee baie verskillende prosesse – met verskillende artikels van die Grondwet wat van toepassing is. Die een is benoemings voor die verkiesing en die ander het te doen met lede van die Nasionale Vergadering.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie