PDM vaar uit teen Swapo oor Zimbabwe
PDM vaar uit teen Swapo oor Zimbabwe

PDM vaar uit teen Swapo oor Zimbabwe

Denver Kisting
Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê Swapo-LP’s het gister lafhartig en minagtend jeens die ellende van Zimbabwiërs opgetree.

Volgens hom skoei hy dié mening daarop dat lede van die regerende party ’n parlementêre mosie deur hom om die lot van die buurland se inwoners onder die loep te neem, gistermiddag in die Nasionale Vergadering (NV) afgeskiet het.

Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM) sê hulle besef in ’n demokrasie kraai die meerderheidstem koning, maar dit kan nie ten koste van logika ingespan word nie. “Deur die mosie oor Zimbabwe af te skiet, het Swapo gekies om vir Zanu-PF te verdedig in plaas daarvan om die groot ongeregtighede aan te spreek wat teen die mense van Zimbabwe gepleeg word. Vryheidsbewegings verkies om mekaar te verdedig in plaas daarvan om mekaar verantwoordbaar te hou en basiese menseregte oraloor Suider-Afrika te beskerm.”

Venaani sê die krisis in Zimbabwe sal voortduur – of Swapo die situasie wil bespreek al dan nie.
“Demokrasie is in gevaar in Zimbabwe, en die onbestendigheid in Zimbabwe sal oorspoel na die hele Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) of Swapo dit wil hê of nie.”


Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!