• Tuisblad
  • Sport
  • Peiling onthul ‘swakste’ Superrugby-skeidsregter
Peiling onthul u2018swaksteu2019 Superrugby-skeidsregter
Peiling onthul u2018swaksteu2019 Superrugby-skeidsregter

Peiling onthul ‘swakste’ Superrugby-skeidsregter

Rugby
Nuwe uitslae van ’n anonieme peiling onder Nieu-Seeland se voorste beroepspelers dui aan wie die Superrugbyreeks se swakste skeidsregter is.
Die mediamaatskappy NZME het 40 vrae gestel aan al vyf Kiwi-franchises oor verskeie onderwerpe jeens die toestand van die sport in Nieu-Seeland. Die aanvanklike uitslae, wat Maandag bekend gemaak is, het vir omstredenheid gesorg nadat dit onthul het dat byna die helfte van die respondente gekant was teen die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) se aanstelling van Ian Foster as die All Black-hoofafrigter.
Daar is ’n paar lekker gesprekspunte rakende die tien nuwe uitslae wat bekend gemaak is, met die Australiese beampte Angus Gardner wat gekies is as die beste skeidsregter in Superrugby. Hy het byna helfte van die spelers se stemme ontvang met 47% van die respondente wat hom gekies het.
Aan die ander kant van die muntstuk is die Nieu-Seelander Glen Jackson, wat onlangs afgetree het, met 48% van die stemme deur die spelers as die reeks se swakste blaser aangewys. Suid-Afrika se Rasta Rasivhenge het 9% van die stemme ontvang.

HIER IS DIE VOLLEDIGE LYS RESULTATE WAT SOVER BEKEND GEMAAK IS:

* Dink jy die NZR het raakgevat met die nuwe All Black-afrigtingspan?
Nee: 46 persent
Ja: 28
Nie hulpafrigters: 26

* Wie is die beste speler in Nieu-Seelandse rugby?
Beauden Barrett: 40
Ardie Savea: 20
Brodie Retallick: 12
Agt ander: 28

* Wie is die beste speler 23 jaar oud en jonger in Nieu-Seelandse rugby?
Jordie Barrett: 33
Will Jordan: 22
Luke Jacobson: 14
Sevu Reece: 14
Ses ander: 17

* Wie is die beste losskakel in Nieu-Seelandse rugby?
Beauden Barrett: 58
Richie Mo’unga: 32
Aaron Cruden: 9
Een ander: 1

* Wie is die beste vleuel in Nieu-Seelandse rugby?
George Bridge: 46
Sevu Reece: 21
Rieko Ioane: 13
Ben Lam: 11
Vier ander: 9

* Wie is die beste senter in Nieu-Seelandse rugby?
Anton Lienert-Brown: 66
Jack Goodhue: 21
Ngani Laumape: 11
Twee ander: 3

* Wie is die beste heelagter in Nieu-Seelandse rugby?
Damian McKenzie: 47
Jordie Barrett: 25
David Havili: 18
Beauden Barrett: 10

* Twee minute se speeltyd oor, 4 punte agter, moet ’n drie druk. Vir wie gee jy die bal?
Damian McKenzie: 30
Beauden Barrett: 24
Richie Mo’unga: 10
17 ander: 46

* Wie is die volgende jong ster en maak aanspraak op ’n plek in die All Black-span?
Cullen Grace: 17
Hoskins Sotutu: 14
Mark Telea: 12
27 ander: 53

* Wie is die beste afrigter?
Tony Brown: 17
Scott Robertson: 16
Dave Rennie: 9
Warren Gatland: 9
Jason Holland: 9
16 ander: 40

* Wie is die mees gerespekteerde speler in Nieu-Seelandse rugby?
Sam Cane: 24
Brodie Retallick: 17
Dane Coles: 11
Ardie Savea: 10
10 ander: 38

* Wie is die grootste wurm in Nieu-Seelandse rugby?
Dane Coles: 44
Brodie Retallick: 15
Jordie Barrett: 10
Sewe ander: 32

* Watter speler 25 jaar oud en jonger sou jy graag 100 toetse wou sien speel?
Anton Lienert-Brown: 40
Jack Goodhue: 15
Jordie Barrett: 13
Agt ander: 32

* Wie is die beste skeidsregter in Superrugby?
Angus Gardner: 47
Ben O’Keefe: 24
Paul Williams: 22
Drie ander: 8

* Wie is die swakste skeidsregter in Superrugby?
Glen Jackson: 48
Mike Fraser: 29
Rasta Rasivhenge: 9
Vier ander: 14

* Wat is die beste stadion in Nieu-Seeland?
Forsyth Barr-stadion (Dunedin): 61
FMG-stadion Waikato (Hamilton): 18
Eden Park (Auckland): 8
Vyf ander: 13

* Wat is die swakste stadion in Nieu-Seeland?
Central Energy Trust Arena (Palmerston North): 22
Orangetheory-stadion (Christchurch): 20
Sky-stadion (Wellington): 18
Rugby Park (Invercargill): 15
Vier ander: 25

* Watter speler van ’n ander franchise sal jy by jou span betrek?
Scott Barrett: 28
Beauden Barrett: 14
Brodie Retallick: 10
Ardie Savea: 10
17 ander: 38

* Wie is die taaiste speler in Nieu-Seelandse rugby?
Sam Cane: 44
Brodie Retallick: 18
Ardie Savea: 7
11 ander: 30

* Wie is die moeilikste speler om grond toe te bring in Nieu-Seelandse rugby?
Ngani Laumape: 37
Sevu Reece: 17
Mark Telea: 9
Ardie Savea: 9
10 ander: 28
– Netwerk24

FOTO: Glen Jackson (links), wat Superrugby vir die Chiefs gespeel het, is deur Nieu-Seelanders as die reeks se swakste skeidsregter aangewys. Foto Getty Images

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!