Pelgrimstog van die Camino Francés
’n Staptog soortgelyk aan die pelgrims van ouds is baie se droom. Moenie uitstel nie; maak dit deel van jou post-corona-planne.
Agnes Hoffmann
Ek dink al ’n paar jaar daaraan om uit nuuskierigheid een of ander Camino te gaan stap.
Nuuskierigheid oor die pelgrims se stapervarings, die Spaanse kultuur, die geskiedenis en die immer veranderde landskappe – ek wou ook uitvind of ek op my ouderdom die uitdaging kan hanteer.
Ek het navorsing gedoen en die maklikste en bekendste roete, die Spaanse roete, gekies.
Die tyd was te min om die hele Camino de Santiago van 780 km te stap en daar is besluit om net agter die Pireneë, van Pamplona tot by Burgos te stap. Dit was omtrent 210 km, wat in 12 dae afgelê moes word. Daar is besluit om net agter die Pireneë, in Pamplona te begin stap tot by Burgos.
Ná amper sewe maande se voorbereidingstyd kon ons reis begin en het Barbara Doll (Barbi), Susan Martens en ek in die pad geval.
4 en 5 September: Susan en ek het van Windhoek via Johannesburg na München gevlieg, waar Barbi by ons aangesluit het. Saam het ons na Pamplona gevlieg om met die staptog te begin.
6 September: Die oggend het ons die stad ’n bietjie gaan verken en ons eerste stempel in ons pelgrimspas gekry; ’n gedenkwaardige oomblik. Sonder hierdie stempels sou ons nie verblyf in die herberge op die Camino kon kry nie.
Ietwat later het ons met ons eerste 17 km staptog begin.
Nadat ons geleer het hoe om die kammosel teken te lees, het ons vinnig die pad gekry. Geel pyle het ook gehelp om die staproete aan te wys.
Vriendelike Spanjaarde en ander pelgrims het by ons verby gestap en ons het hulle eers met “Hallo” of “Gracias” gegroet. Maar gou het ons by die Camino se gewoonte aangepas en almal met ’n vrolike “Buon Camino” begroet.
In Cizur Menor ons ’n kammossel gekoop en dit aan ons rugsakke gebind.
Die kammossel word deur pelgrims as ’n rigtingaanwyser gebruik. Pelgrims self dra die simbool saam met hulle, wat die kameraderie langs die staproete verbeter en versterk. Wanneer pelgrims die kammossel dra, verteenwoordig dit elkeen se persoonlike reis, die heilige pad wat ons binne onsself moet neem.
Weens die groot aantal pelgrims wat onderweg was, het ons ons slaapplek altyd twee dae vooruit bespreek om seker te maak ons raak nie gestrand nie.
Ons herberg in Uterga het ’n groot slaapsaal met omtrent 28 beddens gehad, wat nie ongewoon is nie. In die pelgrimsherberge is dit normaal dat mans en vroue in dieselfde saal slaap. Dit is ook die gebruik om skoene en stokke naby die ingang van die herberg te los.
7 September: Teen middagtyd het ons Puente la Reina bereik. Ons het deur die tipiese smal straatjies met klein huise, kruideniers- en aandenkingswinkels geloop. Ons het ook die groot oorspronklike Romaanse kerk met die weelderige hoë altaar bewonder. Op pad uit die dorp loop ons oor die bekende 800-jaaroue brug, “Puente de los Peregrinos” wat spesiaal vir die pelgrims gebou is sodat hulle die Rio Agrarivier kon oorsteek.
In Puente la Reina sluit die Camino Aragones by die Camino Francés aan. Ons het verby ’n houtkruis gestap wat ’n 74-jarige pelgrim gedenk wat in 2014 daar aan ’n hartaanval oorlede is. Ons het by die kruis vertoef en besef dat jy na jou liggaam moet luister. As jou liggaam jou vertel jy moet rus, dan moet jy gaan sit en rus.
Stil en ingedagte het ons die 20 km na Cirauqui verder gestap.
8 September: Net voor Lorca het ons by ’n wit gebou verby geloop, waaruit elke paar minute ’n harde knal te hore was. Iemand het vir ons verduidelik dat die voëls daarmee skrik gemaak word, sodat hulle nie die graan- of sonneblomvelde vernietig nie.
In Lorca het ons verby die klooster Irache by ’n wynkelder verby geloop. Die wynkelder het ’n baie bekende wynfontein, met twee krane, waaruit verniet by die een rooiwyn en by die ander een koue water getap kan word om daar te drink. Daarna het ons verder in die rigting van Azquerta gegaan, waar ons direk na die dorp die volgende amper 2 km na ons volgende herberg in Villamajor del Monjardin geloop het.
9 September: Susan het op leë houers vir insekte- en onkruiddoders afgekom, wat agter ’n bos in ’n veld versteek was. Ons het toe besef waarom ons op die hele pad geen voëls gesien het nie. Deur die insekte en onkruid te vernietig, word klein voëls en ander diertjies soos muise en insekte ook vergiftig, en groot roofvoëls vreet dan weer die vergiftigde muise.
Heel ingedagte en hartseer het ons aangestap tot Los Acros.
Soos al tevore was ook in Los Acros die klomp “Te koop”-borde aan die fasades van ou huise opvallend. Ons het deur ’n gleuf by ’n ou huisdeur loer en gesien dat agter die fasade net ’n leë erf was. Mense kan die erwe koop en daarop bou, maar die ou fasades moet behoue bly om die ou stadsbeeld te beskerm.
10 September: Ons het in die pad geval na dorpies soos Sansol en Torres del Rio toe. Na ’n end se stap begin dit reën. Met ons aankoms in Viana was ons bly dat ons van ’n wasmasjien en ’n tuimeldroër gebruik kon maak.
11 September: Vandag het ons die langste afstand van omtrent 25 km voor ons gehad. Net buite die dorp het die bekende wynboustreek, La Rioja begin en 10 km later het ons die hoofstad van die streek, Logroño, bereik.
Ons pad het deur ’n park, waarin onder andere ’n sekere roos met die naam Camino de Santiago aangeplant is, gelei. Hierdie spesifieke roos met ’n geel/oranjerie kleur is na die Camino de Santiago benoem en het ’n heerlike geur.
By die Grajera dam, wat vir die besproeiing van vrugteboorde in die omgewing gebruik word het ons ’n wyle vertoef.
Voor Navarrete het ons ’n groot standbeeld van ’n bul op ’n heuwel gesien. Vir ’n oomblik het die bul ons aan Gobabis en hulle bul met die woorde ‘welkom in bees land’ laat dink. Die bul het egter niks met beesvleis te doen nie, dit is die Osborne-bul. Dit is die handelsmerk van die Osborne sjerrie maatskappy. Hulle het talle van die tot 14 m hoë standbeelde met ’n gewig van sowat 4 ton opgerig om hulle brandewyn te bemark.
Ons het die aand ’n pelgrimsrete in ’n kroeg geëet. ’n Pelgrimsete bestaan altyd uit ’n bord slaai, ’n hoofgereg en ’n nagereg. Dit word vir ’n goedkoper prys as gewone etes in ’n restaurant aangebied.
By ons terugkoms by die herberg het ons weer die Koreaanse egpaar aangetref wat ons al vorige kere by herberge aangetref het. Die vrou het in die tuin op ’n klein Japanese houtfluit, Okarina genoem, gespeel.
12 September: Ons was vroegmiddag in Najera en het die kans gebruik om ’n bietjie wasgoed te was. Dit was vir ons heel snaaks om ons wasgoed – vir almal sigbaar – op die wasgoeddraad buite die kombuisvenster oor die sypaadjie opgehang te sien fladder.
13 September: Dit was nog amper donker toe ons in die pad geval het. In Azofra het ons weer huise gesien met “Te koop”-borde op. In kontras hiermee was die huise langsaan baie netjies opgepas. Die meeste inwoners van die klein dorpe is ouerig. Die jonger generasie het na die groter stede getrek in die hoop vir ’n beter lewe.
Op pad Ciruena toe het ons weer by sonneblomlande verby gestap. By sommige groot sonneblomme het iemand ’n paar pitte uitgekrap en het dit gelyk asof die sonneblomme glimlag.
Uiteindelik het ons Santo Domingo de la Calzada bereik, waar ons herberg in ’n ou Cisterciënser klooster gehuisves was. Hierdie keer is ons in ’n 4-bed kamer ingedeel, wat ons met ’n vrou uit Kanada gedeel het. Die dame wou die hele Camino Francés en direk daarna die Portugese Camino stap.
In die katedraal net om die draai is onder meer ’n hoenderhok met hoenders. Die legende vertel dat baie jare gelede ’n pelgrimsfamilie uit Xanten in ’n klein taverne in Santo Domingo de la Calzada oornag het.
Die dogter van die taverne-eienaar het die seun van die pelgrimfamilie baie aantreklik gevind, maar dié het haar attensies nie beantwoord nie. Teleurgesteld het sy toe ’n silwerkoppie in die rugsak van die jong pelgrim weggesteek. Die dag daarna het die gasheer die verlies van die beker opgemerk en het die stadspolisie gestuur om die persoon op te spoor wat die beker gesteel het.
Die jong pelgrim is daarmee betrap en weens diefstal opgehang. Sy ouers het hartseer op hul pelgrimstog na Santiago voortgereis. Op pad terug verskyn hul seun skielik voor hulle, wat gesê het hy is nie regtig dood nie, omdat die heilige Jakobus hom vasgehou het toe hy opgehang is.
Die ouers is dadelik na die regter wat besig was om ’n lekker bord kos met gebraaide hoenders te eet, en het hom vertel wat gebeur het. Toe sê die regter hul seun was ewe dood as die hoenders op die bord voor hom. Skielik het die hoenders weer lewendig geword en weggevlieg.
Toe besef die regter sy fout en het die seun begenadig en die gasheer se dogter opgehang en die pelgrimfamilie het verlig huis toe geloop.
14 September: Uit sommige skure nie vêr van ons pad het ons varke hoor snork. Ons het gewonder of die varke ooit toegelaat word om ’n bietjie uit te kom om sonskyn en vars veld te geniet. Ons volgende herberg, San Luis de Francia, was effens afgeleë aan die begin van die volgende dorp.
15 September: Na etlike ure se stap het ons ’n klein kapel besigtig, waar ’n Heilige met hond uitgebeeld is. Soos die legende lui, is dit ’n beeld van die heilige Rochus, ’n Beskermheilige teen die pes en ’n Franse edele, wat sy titel afgegee het en al sy bates vir die armes van die stad Montpellier gegee het en toe ’n pelgrimsreis na Rome onderneem het. Op pad soontoe het hy met blote aanraking en gebed baie siek mense gesond gemaak. Op pad terug van Rome het hy self siek geword. Ondanks hy so baie mense genees het, het geen hospitaal vir hom toegang verleen nie. So het hy in ’n klein hut in die woud gebly en gewag om te sterf. Maar die hond van ’n edelman het elke dag vir hom brood gebring. Mettertyd het hy gesond geword en het hy huis toe gestap.
Na ’n kort pouse by die kapel en ’n nuwe stempel in ons pas het ons aangestap tot by Villafranca Montes de Oca, waar ons herberg in ’n groot gebou langs ’n spoggerige hotel was.
In die namiddag het ek in die tuin van die herberg ’n egpaar uit George, Suid-Afrika aangetref. Dit was so lekker om Afrikaans te hoor, so ver weg van my huis. Later die aand het ons saam met nog twee Duitse pelgrims gekuier.
16 September: Ons het ’n hele stuk saam met twee pelgrims uit Australië gestap. Die vrou het vir ons vertel dat haar ma so graag ook die Camino wou stap, maar sy het kanker gekry en is ’n paar maande tevore oorlede. Nadat die ma veras is, het die vrou van die as in ’n klein amulet gesit en daarmee wou sy tot in Santiago de Compostella stap om haar ma se wens te vervul.
By ’n opening in die woud was daar ’n figuur uit ou boomstompe gekerf. Bietjie verder was daar ’n groot hoop stene met offers daarop en selfs ’n paar taamlike nuwe stapskoene. Ons het ook weer ’n kruis gesien ter herinnering aan ’n fietsryer wat naby hierdie plek verongeluk het. So vol lewe as wat die vrou in haar dertigs op die foto lyk, kon ons byna nie glo dat sy nie meer leef nie. Weer is ’n mens herinner dat die Camino nie net ’n mooi karakter het nie, maar ook van vele tragedies kan vertel. Ons het opnuut besef hoe sterflik ons almal is.
Die namiddag het ons ons herberg in Atapuerca bereik. Soos by ander herberge was ook hier ’n klein biblioteek met reisgidse, wat ander pelgrims voor ons daar gelos het.
17 September: Die reisgids het twee alternatiewe roetes na Burgos gewys. Ons besluit om die mooier roete te volg wat langs ’n klein vliegveld en deur ’n dorpie gelei het. Ná ’n ruk het ons weer by die amptelike roete aangesluit en dit etlike kilometers langs die rivier Rio Arianzon gevolg tot in die binnestad van Burgos.
18 September: Ons het in die oggend nog ’n bietjie Burgos gaan verken en ons laaste stempel vir ons pelgrimspaspoort in die indrukwekkende reusekatedraal gekry. In die strate rondom die katedraal was baie brons figure van moeë pelgrims, nasionale helde en heiliges.
19 September: Vanaf Bilbao het ons Duitsland toe gevlieg om saam met ons kinders nog ’n paar dae te bestee.
25 September: Terug huis toe.
Die waardevolle ervarings op die Camino Francés sal my nog ’n baie lang tyd vergesel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie