Pemba steier in sikloon se spoor van verwoesting
Pemba steier in sikloon se spoor van verwoesting

Pemba steier in sikloon se spoor van verwoesting

AP berig minstens vyf mense is dood toe Mosambiek Donderdag deur ’n kategorie 4-orkaan getref is.
Die regering van Mosambiek waarsku inwoners om skuiling in hoër gebiede te soek nadat die tropiese sikloon Kenneth, Sondag ernstige oorstromings in die noorde van die land veroorsaak het.

AP berig minstens vyf mense is dood toe die gebied Donderdag deur ’n kategorie 4-orkaan getref is.

Beswaarlik ses weke gelede het die sikloon Idai tot die dood van meer as 600 mense gelei.

Die hoofstad Pemba ervaar swaar reën en die krag is afgesny.

Twee riviere naby Pemba, die hoofstad van die provinsie Cabo Delgado, het begin oorstroom en die Mosambiekse regering het mense in laagliggende gebiede gemaan om na hoërliggende gebiede te vlug.

Bykans 700 000 mense in die landelike gebiede is in gevaar.

“Ek het nog nooit sulke swaar reën in my lewe gesien nie – dit gebeur nie in Pemba nie. Ons ervaar soms storms, maar nooit dié hewige reën nie,” het Michal Fernando, ’n inwoner gesê.

Verskeie dorpies langs die kus het heeltemal weggespoel.

“Daar is nie een huis wat staan nie,” sê Saviano Abreu, woordvoerder van die Verenigde Nasies se agentskap vir humanitêre hulpverlening.

Die meeste huise van modder en houtpale is vernietig.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ’n sikloon ’n land in Suider-Afrika twee keer in een seisoen tref.

CABO DELGADO-PROVINSIE

Sowat 3 500 huise in dele van die Cabo Delgado-provinsie is vernietig, sommige paaie is geblokkeer en ’n hoofbrug het in duie gestort.

Michel le Pechoux, adjunkverteenwoordiger van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) in Mosambiek, sê dié organisasie is erg bekommerd dat gemeenskappe van Cabo Delgado nie voorbereid was op die impak van die sikloon nie. Dié deel van Mosambiek is histories nie bekend vir siklone nie.

Le Pechoux het in ’n verklaring gesê die grond is deurdrenk van water en die riviere is reeds vol. Die impak van vloedwater kan binne die volgende paar dae vererger.

Daar is nie elektrisiteit nie en kommunikasietoerusting is vernietig. Dit is dus moeilik vir reddingswerkers om te bepaal wat die omvang van die skade is.

Die Mosambiekse regering sê ál die huise op die eiland Ibo is vernietig en die naburige dele van die vasteland het erge skade. Bome is ontwortel, en vulstasies en hotelle is ook beskadig.

Mosambiek is een van die wêreld se armste lande en inwoners wonder steeds hoe hulle gaan oorleef. – Netwerk24/AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!