Pendeldienste onder die loep
Die nasionale taxivakbond sal voortaan ook die verskaffers van pendeldienste verteenwoordig.
Augetto Graig
Die verskaffers van pendeldienste tussen veral die hoofstad en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako se griewe sal voortaan deur die Namibië Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) verteenwoordig word.
Volgens mnr. Werner Januarie, die vakbond se president, word kwessies wat dié groep verskaffers raak, nie geredelik aangehoor nie.
In 'n brief aan die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, en die kabinetsekretaris, mnr. George Simataa, lig Januarie pendeldiensverskaffers se besware uit.
“Daar is buitelanders wat hierdie diens onwettig verskaf. Die koste vir wettige operateurs om die diens te verskaf, is te hoog. Daar is tans geen beheer oor die aangewese perseel vir pendeldiensverskaffers by die lughawe nie, dus sien ons 'n toename in buitelandse drywers wat hul private voertuie gebruik en nie eens aansoek om permitte doen nie,” sê hy.
Volgens Januarie maak buitelandse drywers hulle aan onprofessionele gedrag skuldig, soos om kliënte of hul bagasie “te gryp”, wat 'n swak indruk van die land skep.
“Só beroof hulle die wetlik geregistreerde operateurs van 'n behoorlike bestaan, terwyl hulle nie aan al die vereistes voldoen om hierdie dienste wettig te verskaf nie,” sê hy.
Volgens hom beskik dié buitelanders nie oor werkspermitte nie, wat Namibiërs van werksgeleenthede ontneem.
Januarie sê wettige operateurs het polisiebeamptes by die padblokkade op die lughawepad van onwettige operateurs se lisensienommers verskaf, “maar die polisie het versuim om op te tree”.
Redes hiervoor is volgens hom korrupsie en omkopery.
Januarie sê operateurs wat wettig geregistreer is, word nie teen onregverdige mededinging beskerm nie.
“Derhalwe sien ons nie hoekom ons met die betaling van fooie moet voortgaan nie. Ander operateurs lewer dieselfde dienste sonder operateurspermitte of registrasie by die toerismeraad,” sê hy.
In die brief lig Januarie ook die kwessie van sewesitplekvoertuie vir langafstand- openbare vervoer uit.
Hy sê Mutorwa se stellings is teenstrydig – enersyds moet permithouers hul permitte laat hersien, en andersyds kan hulle met dienslewering voortgaan.
Volgens Januarie kom dit op diskriminasie neer as die minister toelaat dat sekere diensleweraars voortgaan, terwyl ander se aansoeke om soortgelyk permitte nie eens oorweeg word nie. Dié kwessies en verskeie ander in Namibië se openbare vervoerbedryf kan volgens hom opgeklaar word deur die verouderde padvervoerwet met nuwe wetgewing te vervang.
Januarie wou weet wanneer die minister dié nuwe wet voor die parlement ter tafel sal lê.
Die kabinet het die wetsontwerp op Namibië se nuwe openbare passasiervervoerwet verlede week tydens sy eerste sitting vir 2020 goedgekeur.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie