Penguin-klub oorheers met vangste
Ná 34-en-'n-halfuur se hengel was Corné Burger die nasionale tophengelaar vir onder 16's, terwyl Lydia Cilliers (vroue), Brandon Grane (o.21-mans) en Henri Snyman (senior mans) ook as Namibiese kampioene bekroon is.
Tielman van Lill - Die 2019 nasionale strandhengelkampioenskap van die Namibiese Strandhengelvereniging is die afgelope naweek by drie verskillende gebiede suid en noord van Hentiesbaai afgehandel.
Vyftien klubs met gemiddeld sewe lede per span het van Donderdagoggend tot Saterdagnamiddag sake langs die weskus teen die Atlantiese Oseaan sake uitgespook om te kyk wie as die tophengelaar vir 2019 bekroon gaan word.
Op die eerste dag het die spanne vanaf Wlotzkabaken tot Myl 32 afgestap see toe om van 08:00 tot 15:00 onverpoos aas aan te sit. Dag twee het die geselskap noord van Hentiesbaai tot by die grens van die Nasionale Skedelkuspark gery. Die hengelgebied het van die park se suidgrens tot anderkant die Winston se wrak gestrek. Dag drie was effe meer gerieflik vir die hengelaars waar hulle vanaf Jakkalsputz suid tot by die Zeilia se wrak die grotes kon uittrek.
Die eerste dag se vangste het nie veel bespreking om die aand se braaivleisvure uitgelok nie, maar vir Donovan Bezuidenhoudt (Walvisbaai-hengelklub) was sy vet koeihaai van 153 cm beslis die hoogtepunt van sy toernooi. Danie van Vuuren vang die eerste bielie van 'n kabeljou van die kampioenskap wat 'n allemintige 105 cm meet en 12.8 kg volgens die tabelle weeg. Nog 'n paar grotes van 99 cm en langer is ewe gretig aangeteken.
Dag twee het vir Coenie Steyn van Namibpark sy wenkabeljou van 124 cm (20.3 kg) by Blare gebring. Die spotties (spotted gully shark, Triakis megalopterus) was verreweg die gretigste aasvatters, gevolg deur 'n paar elwe, kabeljou, spiesneus- en bulroë asook 'n paar verdwaalde spier- en sandhaaitjies.
Die derde dag was beslis vir Johan Kotze van Okahandja-hengelklub spesiaal toe hy sy kampioen-bronshaaikoei van 111 kg (199 cm) uitsleep.
Nog 'n paar gewigtige bronsies (copper shark, bronze whaler of narrowtooth shark, Carcharhinus brachyurus) van tussen 150 tot 193 cm het hul opwagting gemaak.
Brandon Grane het net noord van Jakkalsputz vir ure met sy bronsie van oor die 100 kg gestoei. Lank nadat die ander hengelaars Saterdagnamiddag reeds huiswaarts gekeer het, het hy daarin geslaag om sy kosbare vangs verby die rotsriwwe strand toe te bring.
PRYSUITDELING
Saterdagaand is die kampioene by 'n galadinee bekroon en die land se beste hengelaars is vir verskeie Namibiese spanne gekies. Die spanne wat Namibië in Desember in 'n toetsreeks in Suid-Afrika gaan verteenwoordig, is die Presidentspanne (mans en vroue), 'n ontwikkelingspan asook 'n veteraanmanspan wat Oktobermaand hul land by die Gus Kolnertoernooi in Namibië sal verteenwoordig.
Al die spanne sal later in Republikein aangekondig word.
Die Simen Anderson-trofee is toegeken aan die 12-jarige Rudi Swarts (Mako-klub) as die jongste hengelaar wat vir Namibië se o.16's gekies is. Rodger Boon is die beste meesterhengelaar en raap die Simen Anderson-trofee met drie vis van 115.2 kg op. Johan van Wyk word as die beste hengelaar vir die afgelope drie jaar met die Renier de Villiers-trofee beloon. Lourens Potgieter word as die beste spanbestuurder aangewys en Wimpie Delport as die beste assistentbestuurder.
Die voorste uitslae:
Klubs algeheel: 1 Penguin (449.2 kg), 2 Mako (411.1 kg), 3 Okahandja (396 kg). Okahandja is die beste binnelandse klub en die klub wat die beste vordering getoon het.
Hamilton-trofee (swaarste spottie): Lourens Fourie (169 cm, 26.2 kg).
Hentie van der Westhuizen-trofee (swaarste oneetbare vis): Johan Kotze (bronshaai, 199 cm, 111 kg).
Uwe Böttchertrofee (meeste haaie): Penguin-hengelklub met 46.
Nasionale trofee (meeste vis): Corné Burger van Penguin (17 vis, 158 kg).
O.16-afdeling, Alpro-trofee: Kampioen Corné Burger (17 vis, 158 kg), 2 Francois Wolfaardt (Skeleton-klub, 14 vis, 120.1 kg), 3 Sven Welzig (Atlantic-klub, 10 vis, 64.9 kg). Swaarste oneetbare vis: Corné Burger (169 cm spottie, 26.2 kg). Swaarste eetbare vis: Mark van der Merwe (Namibpark, 109 cm kabeljou, 13.7 kg). Meeste vis: Corné Burger.
O.21-afdeling, Cato Fishing Co-trofee: Kampioen Brandon Grane (Skeleton-klub, 7 vis, 156.2 kg), 2 Barren van As (Penguin, 4 vis, 44.2 kg), 3 Kevin Page (Penguin, 4 vis, 30.5 kg). Swaarste oneetbare vis: Brandon Grane (193 cm bronsie, 100.8 kg). Swaarste eetbare vis: Gert Visagie (Seagulls, 109 cm kabeljou, 10.2 kg). Meeste vis: Brandon Grane.
Vroue, Dup Ventertrofee: Kampioen Lydia Cilliers (Benguela-klub, 8 vis, 59.3 kg), 2 Angelique Connoway (Mako-hengelklub, 6 vis, 49.7 kg), 3 Annelien Langenstrassen (Penguin, 5 vis, 31.3 kg). Swaarste oneetbare vis: A. Connoway (162 cm spottie, 22.7 kg). Swaarste eetbare vis: Nadine Downing (Henties-klub, 117 cm kabeljou, 17 kg). Meeste vis: Lydia Cilliers.
Mans, Super Sport-trofee: Kampioen Henri Snyman (Penguin, 11 vis, 193.5 kg), 2 Johan Kotze (Okahandja, 6 vis, 160 kg), 3 Johan Mostert (Atlantic, 7 vis, 156 kg). Swaarste oneetbare vis: Johan Kotze. Swaarste eetbare vis: Coenie Steyn. Meeste vis: Henri Snyman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie