Penguin seëvier saam met Deysel
Rots-en-strandhengel
Tielman van Lill
Vyftien klubs het onlangs aan die eerste interklubkompetisie vir 2018 noord van Hentiesbaai deelgeneem.
Die Penguin Hengelklub het met 1 743 punte geseëvier en Warren Deysel van dié klub met 107.7 punte is as die voorste individuele hengelaar aangewys.
Nadat die klubs die Saterdagoggend om seweuur by Myl 108 se afdraai vir 'n kapteinsvergadering afgetrek het, word besluit die manne sal vanaf 08:00 tot 16:00 van Blare tot by die weerligklippe by Winston se wrak kan ingooi. Die see en die weer het mooi saamgespeel en die hengelaars kon mekaar die stryd aansê.
Die dag se kompetisie was uiters suksesvol, want 756 oneetbare vis word gevang waarvan almal terug in die see geplaas word. 'n Ongelooflike 386 St. Joseph-haaie, ook bekend as olifantvis, tel meer as 50% van die 756 vangste.
Die swaarste bronshaai (bronsie) vir die dag word deur Henko Snyman van Penguin Hengelklub uitgetrek, wat met sy totaal van 82.8 punte gehelp het om hom as die voorste o.21-hengelaar te kroon.
Net 43 eetbare visse is aan die hoek gekry. Die 10.5 kg-kabeljou wat aan Ockert du Plessis van Otjiwarongo Hk se hoek was, was die swaarste eetbare vis vir die dag.
Uitslae
Klubs: 1. Penguin Hk 1 743 punte.
2. Steenbras Hk 1 646. 3. Orca Hk 1 643.
Voorste mans: 1. Warren Deysel 107.7 (Penguin). 2. Bernard Pretorius 95.9 (Atlantic). 3. Gelhar Slabbert 89.9 (Orca). Voorste vroue: 1. Carlien Steyn 43.7 (Welwitschia). 2. Lezelle Smith 29.1 (Seagulls van Windhoek). 3. Daniella Schmalzriedt 26.7 (Benguela).
Voorste o.21-mans: 1. Henko Snyman 82.8 (Penguin). 2. Gerhard Hough 39.3 (Mako). 3. André-Stipp 21.4 (Benquela). Voorste o.16-hengelaars:
1. JJ Joubert 15.5 (Okahandja HK).
2. Christo Bergh 15.4 (Mako). 3. Sven Wetzig 11.3 (Atlantic).
Die volgende kompetisie is die Nasionale Kampioenskappe wat vanaf 22 tot 24 Maart noord van Hentiesbaai gehou word. Die Namibiese Strand-en-rotshengelvereniging se kuberkantoor kan by www.nrsaa.com besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie