Pensioen nie genoeg om te leef
Pensioen nie genoeg om te leef

Pensioen nie genoeg om te leef

Mandy Rittmann
STEVEN MCCLUNE SKRYF:

Sedert president Hage Geingob aan bewind gekom het, was hy onder volgehoue druk en het hy kritiek van alle kante gekry, sommige daarvan regverdig en sommige, volgens ons mening, onregverdig.

Ons moet erken dat die president gepoog het om die lewensstandaard van ons bejaardes te verbeter toe hy in Maart 2015 onderneem het om die staatspensioen van N$600 tot N$1 000 te verhoog, en verder tot N$1 300 huidiglik opgestoot het.

Na ’n moeilike jaar in 2020, wat ons meestal onder slot en grendel deurgebring het en nie in staat was om geld te verdien, of selfs langs die see te gaan hengel nie, soos baie pensioentrekkers hier aan die kus gewoonlik doen, was ek en my vrou in Desember verras toe ons ’n geskenkpak van kos en toiletware ontvang het, wat ons regtig gehelp het, want baie van ons ouer burgers ly honger en sukkel om kop bo water te hou weens die inperkings en styging van voedselpryse.

Hiervoor wil ons die president hartlik bedank vir sy besorgdheid.

Die probleem wat ons nou onder sy aandag wil bring, is dat die prys van basiese goedere, soos groente, vleis en vis, die afgelope paar jaar en veral sedert die pandemie begin het, konstant en soos ander voedsel se koste vinnig gestyg het. Baie pensioenarisse kan nou skaars die mees basiese voedselstowwe bekostig. Baie bevind hulself onder finansiële druk en staar gesondheidsrisiko's in die gesig, asook liggaamlike en sielkundige nood as gevolg van honger en armoede.

Ongelukkig sien ons hoe die land se hulpbronne meestal uitgevoer word en dat 95% van ons vis en die meeste vleisprodukte na die buiteland uitgevoer word. Ons moet dit onder die president se aandag bring dat ons bejaardes se leefwyse verswak, en ons voel uitgelaat.

Die Grondwet sê in Artikel 95 (f): “Die staat sal toesien dat senior burgers geregtig is op en ’n gereelde pensioen wat voldoende is vir die handhawing van ’n ordentlike lewenstandaard ontvang en dat hulle sosiale en kulturele geleenthede kan benut.” Gegewe die lewenskoste vandag, is dit sekerlik nodig om weer te kyk wat ’n “voldoende pensioen” is.

Dit raak toenemend moeiliker om met die huidige staatspensioen ’n ordentlike lewensstandaard te handhaaf. Inflasie het die koopkrag van die dollar erg verswak.

Ons is pynlik bewus dat die “veterane van die bevrydingstryd” behalwe hul staatspensioen op nog N$2 200 per maand geregtig is. Die regering het ook meer as N$2 miljard bestee om hul projekte te finansier en het huise aan baie veterane verskaf. Dit blyk vir ons blatant onregverdig en diskriminerend teenoor die ander senior burgers wat ook die land opgebou het terwyl ander in die buiteland was.

Dit is tyd om ’n einde te maak aan hierdie ongelykheid en diskriminasie teen pensioentrekkers. Dit is tyd dat hierdie regering barmhartigheid en medelye met bejaardes betoon deur die pensioen te verhoog tot minstens dieselfde vlak as vir oorlogsveterane.

Ons doen ’n beroep op pres. Geingob om ons pleidooi te hoor en dringend die saak op te neem en pensioen in die begroting van Maart 2021 tot minstens N$2 000 te verhoog. Daarbenewens moet die president die pensioen voor die einde van sy termyn tot N$2 400 verhoog.

Ons glo die koste hiervan kan verhaal word deur ’n klein snyding in die militêre begroting. Soldate kry drie voldoende maaltye per dag alhoewel hulle min werk het. Baie pensioentrekkers is afhanklik van slegs een maaltyd per dag.

Ons is nie ondankbaar nie, maar geregtigheid en gelykheid is nodig en ons wil ook met waardigheid erken word vir ons bydraes tot die land.

Pres. Geingob se administrasie word aan alle kante belas met berigte oor verkeerde dade, maar deur ons noodkreet te hoor, kan dit sy nalatenskap as ’n man van hoë integriteit help herstel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!