Pensioenaris en drie minderjariges verkrag
Pensioenaris en drie minderjariges verkrag

Pensioenaris en drie minderjariges verkrag

Dani Booysen
Die Namibiese polisie het eers vandag in sy naweekmisdaadverslag die verkragting van ‘n minderjarige gerapporteer wat glo reeds op Sondag 5 November 2021 in die Ondjokwe-nedersetting naby Onankali plaasgevind het.
‘n Negentienjarige man het glo ‘n tienjarige verkrag wat as huishulp vir die familie werk terwyl sy ouers nie tuis was nie.
Die beskuldigde in ‘n voorval wat gister op Kamanjab aangemeld is, is ewe oud. Hy het na bewering ‘n 16-jarige meisie agtervolg tot by ‘n vriend/in se huis in die Okatumbakomasa-buurt en haar toe daar verkrag. Sy het om hulp geroep en die vriend/in het tot haar redding gekom.
Naby Omundaungile in die Omutwewondjaba-nedersetting het 'twee mans, onderskeidelik 21 en 24 jaar oud, glo Saterdag ‘n 15-jarige meisie uit haar hut ontvoer en een van hulle het haar in die bosse onsedelik aangerand.
Op Aranos is ‘n 42-jarige man die naweek gearresteer nadat hy glo Vrydag om 00:28 in die Nuwerus-woonbuurt ‘n 61-jarige vrou van agter gegryp en verkrag het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!