Pensioenaris tydens inbraak vermoor

Misdaad
Yandi Du Plessis
Die polisie het die publiek se hulp versoek om die gesoekte verdagtes vas te trek in verband met 'n moord en 'n saak van 'n huisbraak met die doel om te roof.

Die polisie se bevelvoerder van gemeen­skapsake in die Erongo­streek, insp. Ileni Shapumba, het bevestig dat mnr. Lupfer Axel, 'n 80-jarige Namibiese man, Vrydag dood in sy huis in First Avenue in Vineta, Swakopmund, aangetref is.

“Twee vriende van die oorledene het ná ver­skeie pogings om hom te kontak na sy huis gegaan en het die lyk omstreeks 18:00 in die slaapkamer ontdek.”

Volgens Shapumba is die liggaam van die oorledene op die vloer langs sy bed gevind.

“Sy hande en voete was met skoenveters vasgebind en 'n kledingstuk is in sy mond gestop. Die oorledene het alleen gebly. Sy naasbestaandes is in Duitsland en is ingelig oor wat gebeur het. Tydens die voorlopige ondersoek het die polisie twee stelle voetspore in die erf opgemerk. 'n Venster is ook gebreek; die verdagtes het vermoedelik daardeur toegang tot die huis verkry,” het hy gesê.

'n Rooi Chevrolet Spark met die registrasiemerk N 3785 S, 'n klein muurkluis, 'n Samsung-platskerm-TV en Samsung-kamera is gesteel.

Die voertuig is Saterdag verlate in die informele nedersetting DRC gevind.

“Die verdagtes is in dié stadium onbekend. Die oorledene se lyk is na die staatshospitaal op Swakopmund geneem,” het Shapumba gesê.

Hy het 'n beroep gedoen op almal wat moontlik ooggetuies van die voorval was of inligting het oor die verdagtes en waar hulle hul tans bevind, om dringend kontak te maak met adj.komm. Iikuyu by 081 2464757, hoofinspekteur Mwatongwe by 081 246 1121, inspekteur Tjihavero by 081 413 7105, of die naaste polisiekantoor.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!