Pensioenarisse eis u00adGIPF-vervolgings
Pensioenarisse eis u00adGIPF-vervolgings

Pensioenarisse eis ­GIPF-vervolgings

Die vereniging vir ­pensioenarisse is diep ­teleur­gesteld in die aanklaer-generaal se besluit.
Augetto Graig
Augetto Graig



“Dit was 'n groot teleurstelling toe ons by die aanklaer-generaal hoor die geld is weg en daar word moontlik niks daaromtrent gedoen nie.”

Só sê mnr. Andrew Matjila, voorsitter van die Government Institutions Pensioners Association of Namibia (Gipan).

Die vereniging verteenwoordig pensioenarisse wie se pensioene in die ­Government Institution Pension Fund (GIPF) belê is.

Dit is in 2008 gestig en verteenwoordig meer as 20 000 lede.

Die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, het op 21 Augustus bevestig sy gaan 18 uit 20 dossiere wat met die verlore GIPF-miljoene verband hou, nie vervolg nie.

Dié miljoene behels ontwikkelingslenings (DCP) wat nooit terugbetaal is nie.

Volgens Nampa het Imalwa verduidelik sekere dokumente wat as bewyse kan dien, word vermis, diégene wat lenings toegestaan het se geheue laat hulle in die steek, en sekere sleutelmense is reeds dood.

Tussen 1995 en 2005 het die GIPF meer as N$660 miljoen in 21 ondernemings se DCP-projekte belê.

Volgens die fonds is altesaam N$661 249 331 in hierdie projekte belê. Die totale opbrengs van dié beleggings was N$1,119 miljard, en beleggingswins het N$458 miljoen beloop.

Die GIPF sê die totale verliese het N$386,5 miljoen beloop en die fonds is met 'n batewaarde van meer as N$900 miljoen gelaat.

Mnr. David Nuyoma, die GIPF se uitvoerende hoof, is glo van plan om die aanklaer-generaal te nader om haar besluit beter te verstaan.

Ná die nuus van Imalwa se besluit het mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, op Twitter geskryf: “Hoe dit ook al sy, dit is 'n hartseer dag vir Namibië wanneer ons moet erken 'n bedrag van N$600 miljoen word vermis en ons nie weet wie dit verloor het nie.”

Matjila dring ook daarop aan dat iemand vir die verlore geld moet pa staan.

“Ons kan die saak nie net so laat staan nie,” sê hy.

“Iemand elders weet wat van die geld geword het. Dit is ons geld en ons kan nie bekostig om so baie geld net so te verloor nie,” sê hy.

“Ons wil hê die polisie moet ­deeglike ondersoek instel en iemand moet ­aangekla word. Al die name moet in die koerant gepubliseer word, al die mense wat geld by die GIPF geleen het. Ons weet niks nie. Wie het die geld geleen? Ek het self ook by die GIPF probeer geld leen, maar ek kon nie omdat ek 'n pen­sioenaris is,” sê hy.

Matjila het bygevoeg die ondersoek moet 'n openbare proses wees.

Op 23 ­Augustus het die ­vereniging van vroueproku­reurs van Namibië se voorsitter, me. Ruth Herunga, gesê hulle oorweeg om betrokkenes in 'n private hoedanigheid aan te kla.

Matjila het Gipan se steun aan die vroueprokureurs verklaar.

“As hulle die stap doen, sal ons hulle ondersteun. Ons moet net,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!