Pensioenarisse verloor stryd oor Ru00f6ssing-pensioenfonds
Pensioenarisse verloor stryd oor Ru00f6ssing-pensioenfonds

Pensioenarisse verloor stryd oor Rössing-pensioenfonds

Jacqueline Louw
’n Appèl waarin Rössing Uranium die hooggeregshof versoek het om ’n hoërhofbeslissing ten gunste van voormalige Rössing-werkers oor die verdeling van ’n surplus in die Rössing-pensioenfonds omver te werp, is vanoggend toegestaan.
Dié maatskappy se besluit om die surplus, wat in Februarie 2012 op ongeveer N$454 miljoen gestaan het, op die basis van 15% aan vorige lede van die fonds, 52% aan huidige lede en 33% aan die maatskappy self toegeken behoort te word, bly dus van krag.

Kommentaar

Republikein 2025-04-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer