Pepkor-direkteur bedank skielik
Nellie Brand-Jonker – Pieter Erasmus (53), voormalige jare lange uitvoerende hoof van die Pepkor-groep, het as nie-uitvoerende direkteur van die nuwe Pepkor (voorheen Steinhoff Africa Retail) bedank. Sy bedanking is dadelik van krag.
Sy bedanking ná minder as vier maande as direkteur is Dinsdag aangekondig en hou verband daarmee “dat hy meer tyd aan sy private sakebelange wil bestee”.
Erasmus se terugkeer as ’n nie-uitvoerende direkteur na Pepkor is verlede jaar wyd verwelkom.
Erasmus was van 2001-’17 uitvoerende hoof van Pepkor. Hy was dus ook uitvoerende hoof van Pepkor toe die groep in 2014 deur Steinhoff oorgeneem is.
Dié transaksie het Christo Wiese, voorheen grootste aandeelhouer van Pepkor, die grootste aandeelhouer van Steinhoff gemaak en hy was voorsitter van dié groep.
Erasmus moes saam ander topbestuurders hul Pepkor-aandele vir aandele in Steinhoff met die transaksie ruil en het ook met die ineenstorting van die maatskappy se aandeelprys sedert Desember 2017 ’n verlies gely.
In 2017, toe aangekondig is Steinhoff het Steinhoff Africa Retail (Star) gestig as nuwe houermaatskappy vir al sy Suid-Afrikaanse winkelgroepe, het Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, gesê Erasmus gaan by Steinhoff International aansluit “om die internasionale kleinhandelbestuurspan te versterk”.
Ben la Grange, finansiële direkteur van Steinhoff, is as uitvoerende hoof van die nuwe filiaal van die groep, wat op die JSE genoteer is, aangestel.
Wat sedertdien met Erasmus gebeur het en of hy ooit by Steinhoff aangestel is, is onseker.
Hy het nie Dinsdag sy selfoon beantwoord nie, maar ’n woordvoerder van Steinhoff het gesê hy is nooit deur Steinhoff International aangestel nie.
In Desember 2017, nadat die bedanking van Jooste as uitvoerende hoof van Steinhoff aangekondig is, het die maatskappy gesê Wiese, wat die voorsitter van die toesighoudende direksie was, gaan in die tussentyd uitvoerende voorsitter word en dat Erasmus “ingestem het om hom in ’n uitvoerende adviserende hoedanigheid by te staan ??om te help met die bestuur van die groep se verskillende kleinhandelbelange regoor die wêreld”.
Skaars ’n week later het Wiese as voorsitter bedank, glo in belang van die bevestiging van die onafhanklike bestuur van Steinhoff en om belangebotsings te vermy.
Verlede jaar het Star sy naam na Pepkor verander.
In dieselfde aankondiging einde Mei verlede jaar het Jayendra Naidoo, voorsitter van Pepkor, Erasmus se terugkeer as direkteur aangekondig. Hy het gesê Erasmus sal die direksie versterk asook die poging van die maatskappy om sy onafhanklikheid van sy groot aandeelhouer Steinhoff te bevestig.
Erasmus het hom eers in Oktober as direkteur by Pepkor aangesluit.
Die soektog op Windeed oor sy direkteurskappe toon Erasmus is ’n direkteur van talle maatskappye, insluitende Constantia Uitsig. IOL het in 2013 berig bronne het bevestig Constantia Uitsig is deur hom gekoop nadat dit vir R175 miljoen in die mark was. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie