Pepkor-groepe dra Steinhoff
Pepkor-groepe dra Steinhoff

Pepkor-groepe dra Steinhoff

Nellie Brand-Jonker



Steinhoff het ten spyte van sy voortslepende kopsere sy inkomste in die nege maande tot einde Junie met 4% tot €10,1 miljard verhoog.

Dit is danksy sterk bydraes deur Pepkor Europa en Pepkor Afrika, lui 'n handelsoorsig.

Pepkor in Europa het sy omset met 13% tot €2,5 miljard verhoog terwyl Pepkor in Afrika se omset met 3% tot €3,2 miljard gestyg het (in rand het die maatskappy se inkomste met 8% tot R53,1 miljard toegeneem.)

Die uitvoerende direksie sê terwyl dié twee ondernemings hul sterk groei voortgesit het, het ander soos Conforama in Frankryk, Mattress Firm in Amerika en Greenlit Brands in Australië “positiewe potensiaal om te herstel”.



KYK NA AANDEELHOUDING

“Ons moet aan ons sterkste bedryfsondernemings die geleentheid gee om hul volle potensiaal te bereik en seker te maak dat Steinhoff se aandeelhouding in hulle nie hul groei verhinder nie.”

Die direkteure sê alle opsies word oorweeg om sy skuld te verminder. Op 13 Augustus het die groep se skuld €9,09 miljard beloop.

“Dus, terwyl ons voortgaan met ons herstrukturering, gaan ons die toekomstige eienaarskap van hierdie ondernemings onder hersiening hou.”

Die sakereddingsplan, wat vandeesmaand afgehandel is, gee finansiële stabiliteit tot einde 2021 “waartydens die bedryfsondernemings herstruktureer kan word, bates verkoop kan word om skuldvlakke tot meer bestuurbare vlakke te verminder en skuld te herstruktureer as deel van 'n plan om waarde vir aandeel­houers te herstel.”



VOLGENDE STAP

Die volgende stap is nou eers om ­oplossings vir al die regsgedinge teen die groep te vind.

“Die groep het baie eise van aandeelhouers en verkopers van aandele aan die groep asook kennisgewings van regulatoriese ondersoeke ontvang.

“Litigasie bly 'n wesenlike uitstaande kopseer. Die uitvoerende bestuur, ondersteun deur 'n litigasie-komitee en die groep se regsadviseurs, werk steeds aan 'n oplossing vir die uitstaande eise.

“Ons evalueer terselfdertyd potensiële eise teen derde partye en geld wat teruggevorder kan word van geïmpliseerde entiteite en individue waar gepas.”

Die groep sê die regsgeding wat onlangs teen die voormalige uitvoerende bestuur aanhangig gemaak is, is die eerste stap in die proses.

Steinhoff het Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, en Ben la Grange, voormalige finansiële hoof, voor die hof gedaag om hul vergoeding van die afgelope jare terug te eis.

'n Eis is ook in Oostenryk teen Top Global ingedien.

Top Global is verwant aan een van die verdagte ondernemings wat in die forensiese ondersoek aan die lig gekom het.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.87 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.25 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.83/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 005.00/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 73.89/BBP DOWN -0.0177 | Platinum US$ 989.62/OZ UP +0.13% #N/A