• Tuisblad
  • Sake
  • Pepkor help glo OBK se bas red ná Steinhoff
Pepkor help glo OBK se bas red nu00e1 Steinhoff
Pepkor help glo OBK se bas red nu00e1 Steinhoff

Pepkor help glo OBK se bas red ná Steinhoff

Elvira Wood – Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se besluit om in 2017 ook in Steinhoff Africa Retail (Star) te belê, het gehelp om die enorme verliese wat hy weens Steinhoff International gely het teen te werk.

So het Botsang Morobe, hoofbeleggingsbeampte van die OBK, wat by albei transaksies betrokke was, Dinsdag voor die kommissie van ondersoek na die OBK getuig.

Star het sedertdien sy naam na Pepkor Holdings verander.

Morobe het gesê toe die OBK in 2016 oorweeg het om in Steinhoff te belê, was die maatskappy wyd as ’n goeie belegging beskou.

“Steinhoff het in daardie stadium baie groei getoon.

“As ek reg onthou, het sy aandeleprys die vyf voorafgaande jare saamgestelde groei van sowat 35% behaal. Steinhoff het positiewe verdienste getoon en het dividende betaal.

“Daar was ’n aptyt vir die aandeel.”

Morobe het gesê sover sy kan onthou, was daar net een ontleder wat destyds gemeen het dat dit ’n “hou” en nie ’n “koop” is nie. Die res het almal aanbeveel dat die aandele gekoop word.

Die OBK het in die eerste fase van die transaksie R9,3 miljard aan die bemagtigingsgroep Lancaster 101 geleen om aandele in Steinhoff International

te koop.

Die OBK – wat geld namens die staatspensioenfonds (GEPF) bestuur – het ’n 50%-belang in Lancaster 101 gehou, terwyl 25% deur Lancaster Group en 25% deur ’n bemagtigingstrust gehou is.

Lancaster Group word 100% gehou deur Jayendra Naidoo, voorheen ’n direkteur van Steinhoff en voorsitter van Pepkor.

Toe Steinhoff se aandeelprys aan die begin van 2017 begin daal het, het die OBK begin planne maak om aandele in – wat toe as Star bekend gestaan het – te bekom.

Morobe het verduidelik dat die OBK so opbrengste op Pepkor se aandele asook dividende kon gebruik om enige verliese op Steinhoff se aandele teen te werk.

Steinhoff se aandeelprys het in Desember 2017 in duie gestort toe bewerings van grootskaalse korrupsie by dié maatskappy aan die lig gekom het.

Morobe het bevestig dat die OBK ten tye van sy belegging in Steinhoff teen R98 per aandeel betaal het.

Die aandele verhandel tans teen R1,75 op die JSE.

Pepkor verhandel teen R18,73.

Die waarde van die Steinhoff-aandele wat die OBK teen R9 miljard aangekoop het, is tans net sowat R200 miljoen, het sy getuig.

Omdat Pepkor se aandele nie soos dié van Steinhoff deurgeloop het nie, kon die OBK die verliese op die Steinhoff-transaksie tot R4,5 miljard beperk. Dit is die bedrag wat die OBK in dié stadium vir die transaksie afgeskryf het.

Morobe het bevestig dat indien Steinhoff en/of Pepkor se finansiële prestasie verbeter, behoort die OBK van sy geld terug te kry. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!