• Tuisblad
  • Sake
  • Pepkor 'kry nie fiktiewe kortings' van Steinhoff
Pepkor 'kry nie fiktiewe kortings' van Steinhoff
Pepkor 'kry nie fiktiewe kortings' van Steinhoff

Pepkor 'kry nie fiktiewe kortings' van Steinhoff

Nellie Brand-Jonker - Pepkor (voorheen Steinhoff Africa Retail, of Star) ontken die maat­skappy het gedeel in die “fiktiewe kortings” waarna Ben la Grange, voormalige finansiële hoof van Steinhoff, Woensdag in die Parlement verwys het en wat tot gevolg het dat die groep se inkomste en wins oordryf is.

Hy het Woensdag in die parlement die ongerymdhede wat by Steinhoff ondersoek word, in drie dele opgesom.

Die eerste hou met opgeblase winste verband. “Die hoofbron van die opgeblase winste is wat bydraes genoem is. Ons het almal op ver­skillende vlakke van die ­maatskappy geglo in die bestaan van 'n eksterne aankoopgroep. Die aankoopgroep sou die volumes van produkte wat al die ver­skillende handelsname (in die groep) gekoop het, vat en met ver­skaffers vir bydraes of addisionele kortings vir die groep onderhandel,” het hy ­verduidelik.

FOPGROEP

Die aankoopgroep het dié ­bykomende kortings aan die bedryfsentiteite betaal en daarom het die ­maatskappy 'n wins getoon wat in die inkomste­staat ingekom.

“Maar die aankoopgroep skyn nou nie te bestaan (het) nie en was in werklikheid gefinansier met lenings van Steinhoff. Dit beteken Steinhoff het 'n lening aan die koopgroep gegee en die koopgroep het winste aan Steinhoff betaal, wat beteken daar is inkomste in die syfers en op die balansstaat is 'n lening.”

La Grange sê dit het PwC agt maande gekos om dié antwoorde te kry.

Volgens hom het die “bydraes in alle dele van die maatskappy ingevloei”, insluitende aan die kant van Steinhoff in Afrika.

“Die grootste deel was in Europa en die wesenlike bedrae is daar.”

Volgens La Grange hou sy onlangse skorsing blykbaar verband met die “uitreiking van 'n faktuur van die Afrika-groep maatskappye wat ek geïmplementeer en gemagtig het aan die koopgroep”.

PEPKOR NIE GERAAK

Pepkor is gevra of die inligting die maatskappy se finansiële syfers beïnvloed en of hul inkomste en wins op­geblaas is weens dié praktyk. Die maatskappy is ook gevra of hy sy ­finansiële syfers sal moet heraangee.

“Die uitsprake van Ben la Grange in die parlement op 30 Augustus met betrekking tot die oordrag van winste deur fiktiewe kortings het op geen manier betrekking op Pepkor nie,” het die maatskappy geantwoord.

“Hy het verwys na 'Steinhoff Africa' en nie na Pepkor of Star soos dit voorheen genoem is nie. Die Pepkor-groep bevestig dat hy nooit deel van so kortingsreëling was nie en sy ­finansiële state is nooit hierdeur geraak nie.”

Ook Steinhoff het by navraag gesê die transaksies waarna La Grange in die Parlement verwys het, het niks met Pepkor te doen nie.

VERWANTE PARTYE

Volgens La Grange sluit die ander probleme by Steinhoff transaksies in waarin bates teen opgeblase waardes bekom is.

Nog 'n probleem was dat talle transaksies plaasgevind het met wat hy gedink het geldige derde partye is.

“Nou blyk dit die partye is verwant aan die voormalige uitvoerende hoof (Markus Jooste) . . .”

Dit het ingesluit handelsname van die groep wat deur die partye gekoop is.

“Daar was sekere verhoudinge tussen hom en dié derde partye wat hy nie aan die maatskappy en myself geopenbaar het nie. As ek geweet het van die verhouding waar hy die party beheer, sou ons op 'n ander manier boekgehou het van die transaksie.”

La Grange meen dit sou gehelp het as die multinasionale groep gedwing is om een ouditeursfirma te gebruik.

“Dit sou dinge kon versag het, hoewel nie al die risiko weggeneem kan word nie, want as daar 'n voorneme is om 'n wanvoorstelling te maak, en 'n paar mense werk saam en 'n ouditeur kan gevind word wat nie sy werk deeglik doen nie of help hiermee, gaan dit moeilik wees om die probleme te stop.”

Nog 'n probleem wat een stel ouditeure sou optel, is die oordrywing van die kontant en kontantekwivalente.

KONTANT OORDRYF

Hy sê Steinhoff Europe het op sy balansstaat lenings ontvangbaar gehad wat die ouditeur as kontantekwivalente aangedui het omdat 'n waarborg vir die lenings gegee is. Die waarborg is egter deur die beherende maatskappy, Steinhoff International, verskaf, wat nie 'n derde party was nie. Dié syfer moes in die gekonsolideerde syfers van die groep uitgehaal gewees het uit die kontantekwivalente.

EERSTE KEER GEHOOR

La Grange sê hy het die naweek van 2 Desember 2017 van die “bedrog” bewus geraak toe hy die Sondagaand deur die ouditkomitee na 'n ver­gadering ontbied is en vir die eerste keer 'n verslag van Deloitte gesien het. “Ek was geskok deur dit wat in die verslag is. Ek het gesê ek het nie ­kommentaar nie en ons moet wag vir die uitvoerende hoof (Jooste) wat op 'n vlug op pad terug na Suid-Afrika was, want hy moet oor die grootste deel van die items in die verslag antwoord.”

Hoewel Jooste die Maandagoggend geland het, het hy nooit by die vergadering van die ouditkomitee opgedaag nie. “Toe het ek geweet iets is fout.”

Volgens La Grange is die probleme wat hy opgesom het nie deur PwC uitgevind nie, dit was in die Deloitte-verslag.

PwC moet nou die inligting verder ondersoek om die bewyse te kan kry sodat die mense wat betrokke is, verantwoordelik gehou word.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067