Pepkor samel R1 mjd. in skuldmark in
Pepkor samel R1 mjd. in skuldmark in

Pepkor samel R1 mjd. in skuldmark in

Nellie Brand-Jonker - Die kleinhandelgroep Pepkor het R1 miljard suksesvol in die plaaslike effektemark ingesamel.

Die maatskappy het verlede week sy program bekend gestel om tot R10 miljard in die plaaslike mark te leen ten einde sy finansieringsbronne te diversifiseer. Die geld wat geleen word, sal gebruik word om sy bestaande skuld te vereffen.

Pepkor se netto skuld het einde September verlede jaar R14 miljard beloop.

Die groep wil op mediumtermyn die verhouding van sy skuld tot sy bedryfswins uitgesluit finansieringskoste en waardevermindering verminder.

Die effekteveiling wat Donderdag gehou is, het meer as 20 bieërs gehad en was 3,8 keer oorvolskryf.

Pepkor sê in 'n verklaring dit toon die sterk vraag van institusionele beleggers.

Leon Lourens, uitvoerende hoof, sê dit is baie positief om die sterk ondersteuning van die beleggingsgemeenskap te sien.

Volgens die groep kon hy teen “baie gunstige koerse” die effekte uitreik en dit sal sy toekomstige finansieringskoste help verlaag.

Die nuus het ongelukkig in die swak marktoestande nie gehelp om sy aandeelprys te lig nie. Dit het Maandagaand op die laagste vlak sedert sy notering in 2017 gesluit.

Sy aandeelprys het Maandag met 2,9% gedaal terwyl die res van die mark 6,2% laer gesluit het.

Dinsdag het sy aandeelprys met 2,2% tot R14,99 gestyg. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!