Pepkor skryf R1,2 mjd. van Buco af
Pepkor skryf R1,2 mjd. van Buco af

Pepkor skryf R1,2 mjd. van Buco af

Hanlie Stadler – Pepkor het Donderdag tot ná die sluiting van die JSE gewag voordat hy die mark gewaarsku het oor ’n skerp winsdaling vir sy boekjaar tot einde September.

Die Suid-Afrikaanse filiaal van die beleërde kleinhandelaar Steinhoff besit onder meer Pep, Ackermans, Tekkie Town, Bradlows, Timbercity en Buco.

Dis juis die swak prestasie van Buco, sy afdeling vir boumateriale, wat gelei het tot ’n enorme afskrywing van R1,2 miljard.

Volgens die Sens-verklaring het al die groep se groot ondernemings goed gevaar, al was die handelsomgewing moeilik.

Die uitsondering was Buco (The Building Company). Pepkor sê die mark vir boumateriale het die afgelope jaar gekrimp te midde van ’n stram ekonomie.

Buco het in die 2018-boekjaar 13% van Pepkor se inkomste en 3% van sy bedryfswins verteenwoordig.

Die afskrywing bring mee dat Pepkor se verdienste per aandeel met tussen 22,1% en 32,1% val.

Die wesensverdienste per aandeel – wat die afskrywing uitsluit – sal egter tussen 7,7% en 17,7% hoër wees.

Pepkor reik sy resultate op Maandag 25 November uit. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!