Persepsie en werklikheid
‘n Verswakte vertoning deur Namibië in Transparancy International se korrupsieranglys moet alle burgers én die regering tot kommer stem.
In ‘n verkiesingsjaar sal Swapo die navorsing ernstig moet opneem, eerder as om die inligting as onbetroubaar te verwerp. Vir opposiepartye bied die uitslae nuttige skietgoed.
Persepsies is nie noodwendig presies gelyk aan werklikhede nie, maar weeg dikwels swaarder as feite en kan groot skade aanrig. Sulke ranglyste weerspieël nie net sentimente in die land nie, maar raak die land se buitelandse beeld.
Die navorsing waaroor Market Watch vandag berig, toon korrupsie neem volgens inwoners steeds toe. Die teenpool is ‘n afname in vertroue in die regering en sy leiers. Meer mense – een uit drie persone – voel magteloos om ‘n verskil te maak.
Byna 80% van deelnemers reken korrupsie groei, wat Namibië in die geselskap van lande soos die Demokratiese Republiek Kongo (DRK), Soedan en Gabon plaas – ‘n plek waar ons beslis nie wil wees nie. Navorsing toon onder meer ook toenames in omkopery, asook korrupsie in die parlement en by plaaslike owerhede.
Of persepsies oor die graad van korrupsie onjuis is, aldan nie, hoe word sulke sienings verander?
Deur mense wat bereid is om bewyse van korrupsie aan te meld. Of feite aan die groot klok hang of aan die media besorg as owerhede nie reageer nie.
Deur sigbare optrede en vervolging – wat nie met kamma-deursigtigheid as voorwendsel verwar moet word nie.
So sê ander
15 Julie 2019
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Dis nodig om verder as die oppervlak te kyk as ’n mens die betekenis van die herrie rakende sir Kim Darroch, Britse ambassadeur in Washington, se vernietigende oordeel oor pres. Donald Trump wil verstaan.
Darroch het intussen bedank. In Brittanje het dit tot ’n rusie gelei omdat Boris Johnson, wat May aanstaande week as premier gaan opvolg, geweier het om Darroch te verdedig. Van sy eie kollegas in die parlementêre Tory-koukus het gepraat van “skandalige lafhartigheid”.
Ambassadeurs se taak is om eerlik aan hul regerings verslag te doen.
Die hele episode het soos niks anders nie die verandering in die magsewewig tussen Amerika en Brittanje geïllustreer. Trump die Britte opnuut, sy dit op sy normale bombastiese manier, gewys wie die baas in die “spesiale verhouding” is.
Selfs May se pogings om heuning om Trump se mond te smeer het nie gehelp nie, en Johnson het die akkuraatheid van sy kritici se aanklag – dat hy “Trump se poedel” is – bevestig.
Darroch se skerp negatiewe ontleding van die Trump-regering, blyk dit, word algemeen deur buitelandse diplomate in Washington gedeel. Maar uiteindelik is dit die man met die sweep – Trump – wat bepaal wat gebeur.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie