Personeeltekort knou hospitaal: Minister
Volgens die gesondheidsminister was die laaste keer wat ’n personeelstruktuur by die Katutura-staatshospitaal goedgekeur is, 17 jaar gelede.
Denver Kisting – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê die Katutura-staatshospitaal word deur ’n personeeltekort gekniehalter.
Volgens hom het die bevolking die afgelope jare gegroei sonder dat enige aanpassing aan die personeelstruktuur van dié instelling gemaak is.
Trouens, het Shangula Vrydagmiddag tydens pres. Hage Geingob se besoek gesê, die laaste keer wat ’n personeelstruktuur goedgekeur is, was 17 jaar gelede – in 2003. “Die bevolking het toegeneem en die behoeftes het toegeneem,” het hy gesê.
In dié stadium werk sowat 1 010 mense by dié hospitaal wat oor 840 beddens beskik, sê die waarnemende superintendent, dr. Mwadina Shiweda.
Shangula het gesê die regering het verlede jaar goedkeuring gegee vir 373 kritieke poste om gevul te word. “Dit sal die werklading vir die bestaande personeel verlig en uitbranding verhoed.”
Volgens hom behoort dit ook die lang rye van pasiënte korter te maak en die wagtydperk te verkort.
Sedert verlede jaar is die Katutura-gesondheidsentrum ook 24 uur per dag oop met “ses of sewe” dokters wat daar diens doen, sê Shangula.
Dit verlig ook die druk op die hospitaal, sê hy.
Mnr. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur, sê hul grootste probleem hou met “basiese, daaglikse instandhouding” verband.
In dié opsig het hulle ’n verstandhoudingsooreenkoms met die Namibië Opleidingsowerheid (NTA) gesluit om te help met roetine-instandhouding. “Dit sal baie geld spaar.”
Shangula het gesê in dié stadium ervaar die ministerie nie meer enige medisynetekort nie. Hy het toegegee dit was verlede jaar oraloor ’n probleem.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie