Persoonlike oorwinnings wag in Victory Race
Enigiemand kan die hardloopskoene nader trek en regmaak vir die stap- of drafroete op die Daan Viljoen-pad.
Jou grootste prestasies van môre begin met die klein treetjies wat jy reeds vandag begin gee. Só lui die motiverende slagspreuk van die 19de Old Mutual Victory Race, wat op Saterdag 17 Augustus by die Tony Rust-renbaan wes van Windhoek aangebied sal word.
Vanjaar se resies is daarop gerig om aan deelnemers van die padwedloop 'n gedenkwaardige en opwindende ondervinding te bied.
Die roete op die Daan Viljoen-pad bied reeds vanaf vroegoggend 'n aangename natuurskone uitsig op die buitewyke van die stad, terwyl die heuwelagtige terrein 'n verskeidenheid uitdagings vir beide die sosiale stappers en die ernstige hardlopers bied.
Kos en drankies sal by stalletjies te koop wees. Daar is 'n area met prettige aktiwiteite vir kinders.
Individuele deelnemers, maatskappyspanne en sportklubs kom almal in aanmerking om met kontantpryse weg te stap.
Die Victory Race-reeks is reeds vir die afgelope 18 jaar 'n belangrike inskrywing op die Namibiese jaarkalender vir deelnemers aan padwedlope.
As hoofborg het Old Mutual vanjaar die gebruiklike reeks van wedlope op vier dorpe (Swakopmund, Oshakati, Keetmanshoop en Windhoek) afgeskaal tot 'n enkele byeenkoms, terwyl die maatskappy besig is om 'n volledige evaluering oor die pad vorentoe uit te voer.
Die Victory Races het tevore 'n sentrale rol gespeel vir Namibië om hardlopers van wêreldgehalte te identifiseer. Die onlangse prestasies van Helalia Johannes (Statebondkampioen in 2018 in Australië) is welbekend, terwyl Luketz Swartbooi, Reonard Namupala, Beata Naigambo, Lavinia Haitope, Mynhardt Kauanivi, Uveni-Nawa Kuugongelwa en ander ook die afgelope jare hul sukses in dié reeks op die internasionale toneel uitgebrei het.
Op 'n breër grondslag is atletiek en padwedlope bevorder deur die insluiting van kategorieë vir byvoorbeeld skole en Paralimpiese deelnemers.
Die registrasiefooie vir die 2019-byeenkoms is soos volg:
N$30 – 5 km hardlopers en stappers (wedloop begin 08:00)
N$50 – 10 km hardlopers (wegspring om 07:30)
N$100 – 21 km hardlopers (wegspring om 07:00)
Inskrywings vir individue jonger as 18 jaar is gratis.
Registrasie is reeds oop en sluit op Dinsdag 13 Augustus.
Inskrywings word aanlyn by EventsToday (www.eventstoday.com.na), by PayToday of by Airtime City-outomaatmasjiene gedoen.
Maatskappye wat spanne wil inskryf of enigiemand met verdere navrae, kan met Ndatala Angula ([email protected] of 061 299 3247) skakel.
Hardloopnommers sal op Vrydag 16 Augustus by die nuwe Old Mutual Wernhil-tak afgehaal kan word (13:00 tot 19:00), maar geen registrasie sal dan meer gedoen kan word nie en ook nie op die dag van die wedloop nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie