Persvryheidskouspel terug in Windhoek
Persvryheidskouspel terug in Windhoek

Persvryheidskouspel terug in Windhoek

Unesco bring sy jaarlikse viering na die tuiste van die Verklaring van Windhoek.
Augetto Graig
Augetto Graig – Wêreldpersvryheidsdag sal vanjaar op 3 Mei saam met die 30ste herdenking van die ondertekening van die Verklaring van Windhoek gevier word.

In ’n toespraak wat die uitvoerende direkteur, mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, namens die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), me. Emma Theofilus gelewer het, sal die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap- en Kultuurorganisasie (Unesco) dit as ’n vlagskipgeleentheid vir jaarliks vieringe vir vryheid van spraak in die hele wêreld maak.

By die aankondiging in Windhoek het Ua-Ndjarakana gesê die regering het N$5 miljoen vir die geleentheid begroot, terwyl Unesco sowat N$3,3 miljoen sal bydra. Borge vir nog N$1,4 miljoen word gesoek vir die galadinee, internettoegang, kulturele optredes en klein geskenkies vir 100 afgevaardigdes. Tweehonderd afgevaardigdes word by die geleentheid verwag.

Mnr. Andrea Cairola het namens Unesco gesê die Verklaring van Windhoek het ’n wêreldwye beweging 30 jaar gelede teweeg gebring, wat hierdie jaar onder die tema “Bevorder inligting vir openbare belang” gevier word.

Die volhoubaarheid van die media, digitale transformasie, aanlyn deursigtigheid en media- en inligtinggeletterdheid as ’n fundamentele bevoegdheid sal bespreek word.

Die geleentheid is onder Unesco-beamptes as Windhoek+30 gedoop. Hulle werk al sedert verlede jaar aan die reëlings.

Cairola verwag dit sal aanhou groei soos in onlangse jare met tussen 1 000 en 1 500 deelnemers in 2019 en nog meer gedurende 2020 in Den Hague, Nederland, toe ’n nuwe benadering gevolg mos word weens die uitbreking van Covid-19.

Toe het meer as 2 500 deelnemers aanlyn geregistreer en baie het die verrigtinge op sosialemediaplatforms gevolg.

Dié jaar sal dit ook gedeeltelik in persoon en aanlyn aangebied word, wat Unesco as ’n geleentheid sien om ’n groter gehoor te bereik, sê hy.

Cairola sê ook dit word by die Safari Hotel aangebied waar die Verklaring van Windhoek oorspronklik onderteken is. Organiseerders beplan ’n skouspel met regstreekse dekking van onder meer die opening- en sluitingseremonie, kulturele vertonings, streekberaadslaging, prysuitdelings, jeugforums en dokumentêre filmvertonings.

Frank Steffen, die voorsitter van die Redakteursforum van Namibië (EFN), het gesê Namibië is steeds nommer een in terme van persvryheid op die vasteland en 22ste wêreldwyd.

“Ons moet streef om nommer een wêreldwyd te wees om voortdurende vordering te verseker,” het hy gesê en die tekort aan wetgewing vir toegang tot inligting en beskerming van hokaairoepers belemmer dié poging.

Hy het die tema geprys en stem saam: “Vryheid van die media is ’n bate vir die mensdom. Dit is tot almal se beswil,” het hy gesê.

Die EFN is in vennootskap met die ICT en Unesco om die geleentheid te bevorder, terwyl Gwen Lister en Toivo Ndjabela as kampvegters vir persvryheid die boodskap sal oordra.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!