Persvryheidsprys vir onstuitbare Maria Ressa
Namibië is op die wêreldverhoog met die viering van Wêreldpersvryheidsdag wat tans in Windhoek plaasvind.
Ronelle Rademeyer – Die onstuitbare Filippynse ondersoekende joernalis Maria Ressa (57) word Sondag in Windhoek tydens 'n internasionale konferensie met die Unesco/Guillermo Cano-toekenning vir Wêreldpersvryheid vereer.
Dit is een van die hoogtepunte van die Wêreldpersvryheidskonferensie met die tema “Information as a public good”, wat gister in die Namibiese hoofstad begin het en tot Maandag duur.
Dié konferensie ter viering van 30 jaar van die Windhoek-deklarasie en Wêreldpersvryheidsdag, plaas Namibië as destydse gasheerland opnuut op die internasionale mediaverhoog.
Meer as 40 besprekingsessies oor kwessies soos media-lewenskragtigheid en -volhoubaarheid, die deursigtigheid van aanlyn platforms en die versterking van media- en inligtingsgeletterdheid word gehou.
Unesco, die Verenigde Nasies (VN) se organisasie vir onderwys, wetenskap en kultuur, sê in 'n verklaring hy het dié gesogte prys aan Ressa toegeken na 'n internasionale paneel haar aanbeveel het.
Die prysuitdeling vind Sondag in Windhoek plaas en word aanlyn uitgesaai.
Ressa, 'n voormalige hoof- ondersoekende joernalis vir CNN in Asië en hoof van die Filippynse televisiediens ABS-CBN News, bestuur deesdae ook die nuuswebwerf Rappler. Haar beriggewing oor die Filippynse leier, Rodrigo Duterte, het al 'n paar keer tot haar inhegtenisneming gelei.
Sy was deur haar loopbaan betrokke by talle internasionale inisiatiewe om persvryheid te bevorder, en moes gereeld vervolging trotseer, sê Unesco.
Ressa is ook die slagoffer van 'n volgehoue aanlyn veldtog waarin sy gedreig en geteister word, sê dié VN-agentskap. In 'n stadium het sy gemiddeld meer as 90 haatspraak-boodskappe per uur op Facebook ontvang.
“Maria Ressa se onfeilbare stryd vir vryheid van spraak is 'n voorbeeld vir baie joernaliste oraloor die wêreld,” het Marilu Mastrogiovanni, 'n paneellid, gesê.
“Haar situasie is tekenend van wêreldwye tendense wat 'n werklike bedreiging vir persvryheid en dus vir demokrasie verteenwoordig,” meen Mastrogiovanni.
Volgens Ressa is die sake teen haar 'n manier waarop die Filippynse staatshoof haar “terugbetaal” vir haar kritiek op sy beleid, insluitend sy oorlog teen dwelms wat duisende mense doodgemaak het, berig The Guardian.
Sy is in 2019 deur Time aangewys as die 2018 Persoon van die Jaar.
Meer as 250 joernaliste en ander medialui van oraloor die wêreld woon die vieringe in Windhoek by. Mense wat hierdie konferensie aanlyn wil volg, kan Unesco se webblad by en.unesco.org besoek en daar registreer.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie