Peste, plae tref vier streke
Kenners meen ontploffings in insekbevolkings is te wagte ná die reën.
Elvira Hattingh – Terwyl uitbrekings van beide die rooi- en bruinsprinkaan in talle streke in Namibië verlede jaar die hoof gebied moes word, blyk dit peste het opnuut in minstens vier streke uitgebreek.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het Dinsdag in ’n mediaverklaring gesê bruinsprinkane (Locustana pardalina) het in die ||Kharasstreek uitgebreek, terwyl koringkrieke volop in die Omusatistreek se Anamulenge- en Onesi-kiesafdelings is.
“Daar is ook inligting dat die rooi treksprinkaan opnuut in die Kavango-Oos- en –Wesstreek uitgebreek het,” het die ministerie se direkteur vir landbouproduksie, verlenging- en ingenieursdienste, me. Mildred Kambinda, gesê.
“Die koringkrieke is tans jonk, maar daar is vrese as hulle toegelaat word om te groei, hulle skade aan gewasse sal aanrig en oeste kan belemmer.
“Terselfdertyd kom die bruinsprinkane in ||Kharas tans een-een voor en boere word gewaarsku om op die uitkyk vir die beweging van sprinkaanswerms te wees.
“Sleutel broeigebiede sluit die !Nami‡nûs-kiesafdeling (Aus, die dorp en omliggende kommersiële plase), Karasburg-oos en –wes, met die fokus veral op Warmbad en die omliggende kommersiële plase in,” waarsku Kambinda.
Sy sê ook uitbrekings van peste moet by die ministerie aangemeld word en boere kan hul naaste ministeriële kantore kontak.
NÁ DIE REËN
Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA het verlede jaar, toe die bruinsprinkaan ook in die Kavangostreke uitgebreek het, gesê hierdie spesie is potensieel ewe verwoestend as die rooisprinkaan. Hy sê die uitbreking van peste en plae is ná die reën te wagte.
Vroeër vandeesmaand het mnr. Francois Becker, die hoofkurator: Natuurwetenskap van die Nasionale Museum van Namibië ook aan Republikein gesê goeie reëns lei dikwels tot ’n “ontploffing” van insekte.
“As daar nie genoeg reën is nie broei baie van die insekgroepe se eiers nie almal uit nie. As dit net bietjie reën, broei net ’n paar uit. Hulle paar en lê weer eiers. Die eiers wat nie uitbroei nie, bly in die grond en wag op goeie reën.
“Wanneer daar ’n paar jaar van droogte was, is daar baie eiers in die grond wat oor die jare opgehoop het. As daar dan ’n goeie reënjaar kom, soos dit vanjaar die geval is, broei al die eiers gelyktydig uit en kry ons ’n ‘ontploffing’ van sekere insekte,” het hy toe gesê.
Hy het ook spesifiek oor die koringkriek, dikpens of Abraham-boepens gepraat. Die insek kom glo in Namibië, Botswana, Zimbabwe en Suid-Afrika voor en is omnivore wat alles van plante, ander insekte en selfs mekaar eet.
Sprinkaanplae is veral bekend daarvoor dat dit groot verwoesting in weivelde en onder gewasse veroorsaak, omdat dit gras, koring en mielies vreet.
In 'n insek-kaleidoskoop deur Mieliestronk.com word beide die rooi- en bruinsprinkaan as die twee tipes treksprinkane uitgewys wat bekend daarvoor is dat dit erge verwoesting in Suider-Afrika kan saai. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie