Petra vind enorme blou diamant by Cullinan
Petra vind enorme blou diamant by Cullinan

Petra vind enorme blou diamant by Cullinan

William Horne – “Blou Maandag” het ’n ander betekenis gekry vir die beleërde Petra Diamonds-mynmaatskappy toe hy Maandag ’n enorme blou diamant van 20,08 karaat gevind het.

Die diamant word as tipe IIb geklassifiseer, wat as die skaarsste soort diamant ter wêreld beskou word.

Minder as 0,1% van alle natuurlike diamante val in hierdie klas, wat ’n baie lae vlak van onsuiwerhede bevat.

Petra het nog geen raming van die waarde verskaf vir die blou diamant wat hy by sy vlagskip-Cullinan-myn in Gauteng ontdek het nie, maar ’n soortgelyke diamant van 30 karaat is onlangs vir $26 miljoen verkoop.

Die Cullinan-myn, gestig in 1902 as die Premier-myn, is wêreldberoemd vanweë sy groot en uiters skaars diamante.

Die beroemdste hiervan is waarskynlik die Cullinan-diamant self, wat in 1905 by dié einste myn ontdek is en later in nege diamante opgesny is vir hoofsaaklik die kroonjuwele van die Britse koningshuis.

Volgens Petra is die Cullinan-myn die bron van meer as ’n kwart van al die wêreld se diamante groter as 400 karaat, en ook die voorste bron van blou diamante.

Maar dit is nie genoeg om Petra se grootskaalse finansiële probleme te verlig nie.

Petra se berg skuld spruit hoofsaaklik uit die grootskaalse opknapping van die Cullinan-myn. Ongelukkig is dié opknappings gedoen net mooi toe die wêreld se diamantmarkte begin krimp het.

Met diamantpryse nou op ’n rekordlaagtepunt, het Petra se aandeelprys op die Londense aandelebeurs getuimel tot ’n laagtepunt van sowat 7,95 pennies.

Petra het verlede week sy myne se waardasie met $250 miljoen verlaag terwyl hy ook aangekondig het dat Adonis Pouroulis, sy voorsitter en medestigter, gaan uittree.

Maar met ’n diamant wat waarskynlik eensklaps 10% van sy myne se verlaagde waardasie kan opmaak, is daar dalk nog hoop vir Petra.

“Met die fokus op Petra se balansstaat, is die verkoop van spesiale diamante wat ’n klein hupstoot kan wees vir kontantvloeivoorspellings positief vir die aandeel,” sê Edward Sterck, ontleder van die BMO. – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!