Petrol op, diesel af: Só staan sake vir Februarie
As internasionale oliepryse ook hul huidige neiging voortsit, kan brandstofverbruikers in die buurland minder skerp wisselings ervaar.
Francois Williams – Petrol sal styg en diesel sal daal in Februarie, voorspel die Outomobiel-Assosiasie (AA).
Internasionale oliepryse het ’n effense plato bereik nadat dit in die eerste helfte van Januarie gestyg het, sê die AA in sy jongste oorsig oor brandstofsyfers.
“Die rand het oor dieselfde tydperk stelselmatig teen die dollar verstewig. Dit het die maand teen byna R14,50 teenoor die dollar begin en verhandel tans rondom R14, wat tot ’n mate die styging in die olieprys teenwerk.”
Die AA verwag petrol kan met sowat 8c per liter verhoog word, en diesel- en paraffienpryse kan met onderskeidelik sowat 3c en 9c verlaag word.
Die AA meen die rand se verstewiging teen die dollar hou nou al vir byna ’n maand aan, wat hopelik kan dui op ’n tydperk van groter stabiliteit vir die geldeenheid.
As internasionale oliepryse ook hul huidige neiging voortsit, kan Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers minder van die skerp wisselings in brandstofpryse ervaar wat in 2018 beleef is, meen die AA.
Die daling van dieselpryse in Februarie kan deels toegeskryf word aan seisoenale faktore in die Noordelike Halfrond. In Amerika en Europa neem die vraag na verhittingsolie tradisioneel skerp toe in die kouer winters.
Omdat verhittingsolie en diesel se pryse in die Noordelike Halfrond sterk korreleer, beteken die afname in vraag na verhittingsolie wanneer die winter aan die verbygaan is ook ’n gelyktydige afname in dieselpryse. Suid-Afrikaanse pryse word gegrond op die prys van brandstof in Singapoer, die Arabiese Golf en aan die Middellandse See. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie