Petrolprys erg deurmekaar gekrap
Elvira Wood – Hoewel daar teen Maandagoggend ’n oorverhaling van 11c per liter op 95-oktaan-petrol (afgerond) is, moet Suid-Afrikaners dalk nié te gou opgewonde raak dat die petrolprys gaan daal nie.
Die oorverhaling is met hoeveel pryse sou daal indien dit vandag vasgestel moet word.
Vir diesel lyk die prentjie egter reeds sleg, met ’n onderverhaling van tussen 8c en 10c op die groothandelprys per liter.
Die oor- en onderverhalings is gegrond op die wisselwerking van internasionale brandstofpryse en die rand-dollar-wisselkoers en is vir die eerste twee weke van die vier weke waarin Oktober se brandstofpryse bepaal gaan word.
Die groot veranderlike wat die Sentrale Energiefonds, wat die inligting daagliks bekend stel, nog nie kon inreken nie, is die invloed van die hommeltuig-aanval op Saoedi-Arabië en die wêreld se grootste olie-aanleg die afgelope naweek.
Die ruolieprys het vroeg Maandagoggend tot $66,30 die hoogte ingeskiet.
Dié styging kan sonder twyfel ’n groot invloed hê op die nuwe brandstofprys wat vanaf Woensdag 2 Oktober sal geld.
Die huidige gemiddelde oorverhaling op petrol is danksy die verstewiging die afgelope week van die rand teenoor die dollar, maar weens die skerp styging in oliepryse Maandag kan dit omswaai na ’n onderverhaling, wat impliseer petrolpryse sal moet styg.
Die skerp olieprysstyging behoort reeds in Dinsdag se syfers van die Sentrale Energiefonds weerspieël te word.
Petrol in Gauteng kos tans R16,03 per liter vir 95-oktaan. Aan die kus kos 95-oktaan tans R15,39 per liter.
Die groothandelprys vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% is tans R14,59 in Gauteng en R14,05 aan die kus.
Sowat 56% van die pompprys van petrol in Gauteng bestaan uit belastings, heffings en winsmarges aan die groot- en kleinhandelaars. Net sowat 44% van die prys bestaan uit die basiese prys van petrol by die raffinadery se hek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie