PetroSA het nuwe grootbaas
PetroSA het nuwe grootbaas

PetroSA het nuwe grootbaas

Francois Williams – Die staatsbeheerde brandstofmaatskappy PetroSA het Pragasen Naidoo as sy nuwe uitvoerende hoof aangestel.

Dit is die eerste permanente aanstelling in dié pos sedert 2014 vir dié staatsonderneming wat onder erge bestuurswisselvalligheid en finansiële druk deurgeloop het die laaste paar jaar.

PetroSA is tegnies bankrot en het in die 2018-’19-boekjaar ’n verlies van meer as R2 miljard gely. Sy probleme spruit uit die aardgasbronne aan die Suid-Kaapse kus wat uitgeput raak en wat die voortbestaan van die gas-tot-brandstof-aanleg by Mosselbaai in die gedrang bring.

PetroSA het in 2014-’15 ’n verlies van R14,5 miljard gely. Dit was in daardie stadium die grootste verlies nóg wat ’n Suid-Afrikaanse staatsonderneming gely het, en het deels gespruit uit wanbestuur en sy projek om nuwe aardgasbronne aan die Suid-Kaapse kus te ontdek en te ontwikkel, wat skouspelagtig skeefgeloop het.

Naidoo is op 17 Januarie reeds in die pos aangestel.

Hy was voorheen bedryfshoof en sakeontwikkelingsbeampte by die Sentrale Energiefonds, wat die beheergroep van PetroSA is.

Naidoo is gekwalifiseer as ’n chemiese ingenieur en het 18 jaar se ondervinding in bestuur, tegnologieontwikkeling, kapitaalprojekbestuur, sakeontwikkeling en -bedrywighede, lui ’n verklaring van PetroSA op sy webblad.

Hy kom in die plek van Bongani Siyadini, wat as uitvoerende hoof waargeneem het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!