• Tuisblad
  • Sake
  • Petrosol-diensstasie 'n eerste op Otjiwarongo

Petrosol-diensstasie 'n eerste op Otjiwarongo

'n Namibiese brandstofverspreider het die platteland in sy visier.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die eerste Petrosol-diensstasie lewer reeds sedert Augustus 'n diens op Otjiwarongo, en is gerieflik geleë op die lang pad na die Noorde.

Boonop beplan dié Namibiese maat­skappy om tot 25 soortgelyke diens­stasies landswyd te open.

Volgens die hoofbestuurder van die moedermaatskappy Northern Fuel Distributors (NFD), mnr. Johan Botes, getuig die nuwe handelsmerk met die geel en rooi druppel teen 'n swart agtergrond van jare se werk en hoe 'n droom 'n werklikheid word.

“Dit is 'n besigheid wat ons al lank beplan,” sê hy oor die N$20 miljoen se nuwe dubbelverdieping-hoofkantoor en diensstasie wat tans gebou word.

Op die perseel langs die bestaande kantore in Industriastraat word 'n ­ondergrondse bergingstelsel soos dié by 'n tipiese diensstasie geïnstalleer.

Saam met sy vennoot, die boekhouer mnr. Pierre Fourie, het Botes in 2001 met sy aankoms op Otjiwarongo 'n onderneming begin wat brandstof- en smeer­middels verskaf.

“Alles het hier begin. Ons was toe maar vyf of ses mense wat hier gewerk het,” sê hy. “Deur die jare het ons uitgebrei en nou is die besigheid die hele land vol.“

Aanvanklik was hulle baie besig in en om die dorp, maar deesdae verskaf die maatskappy brandstof en produkte tot in die ooste van Namibië, van Otjinene tot in Okamatapati. As 'n geregistreerde groothandelaar wat brandstof by ver­skaffers soos Shell, Puma en Total op Walvisbaai aankoop, het hulle baie kennis oor logistiek en kommersiële besighede. “Ons gaan haal self die brandstof by die kus en met ons eie voertuie,” sê hy. Met meer as 70 werknemers beman hulle 'n ten volle toegeruste werkswinkel om voertuie in stand te hou en waar daar ook 'n tenkinstallasie-afdeling is. Benewens hul onafhanklikheid en reputasie vir betroubaarheid, meen Botes hul kennis oor die land en sy groot afstande tel in hul guns.

“Ons is in die platteland. My kliënte sit nie in Windhoek nie,” sê hy.

In pas hiermee gaan die volgende ­Petrosol-vulstasies binnekort teen die Botswana-grens en in die Palmwag-­omgewing open.

Otjiwarongo is vir hulle veral belangrik vir die ontwikkeling van die sentrale Noorde, en die regering se ­desentraliseringsbeleid hou vir hulle groot belofte in.

Die bekendstelling van die Petrosol-identiteit het reeds 18 maande gelede begin met die plasing van die nuwe handelsmerk op die maatskappy se trokke. Botes sê die ontwikkeling van die handelsmerk is gedoen ná ses jaar van ondersoeke na 'n korporatiewe identiteit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!