Petrosol se toekoms blink
Northern Fuel Distributors ken plattelandse dienslewering goed
Augetto Graig – Die plaaslike brandstof-verskaffingsmaatskappy Northern Fuel Distributors (NFD) en sy moedermaatskappy, Petrosol, spog met ’n splinternuwe hoofkantoor op Otjiwarongo.
Die N$20 miljoen dubbelverdieping-hoofkantoor sluit ook ’n diensstasie in.
Volgens die stigter en mede-eienaar, mnr. Johan Botes, is Otjiwarongo “die middelpunt van waar ons alle bedrywighede bestuur en aflewerings oraloor die land koördineer”.
Saam met sy vennoot, die boekhouer mnr. Pierre Fourie, het Botes in 2001 met sy aankoms op Otjiwarongo die onderneming gevestig. “Alles het hier begin. Ons was toe maar vyf of ses mense wat hier gewerk het.”
Met meer as 70 werknemers beman hulle deesdae ’n ten volle toegeruste werkswinkel om voertuie in stand te hou asook ’n tenkinstallering-afdeling. “Deur die jare heen het ons uitgebrei en nou is die besigheid die hele land vol,” het hy tydens ’n vorige besoek gesê.
Volgens Botes is Petrosol die kleinhandelafdeling van Northern Fuel Distributors (NDF) wat sedert 2001 reeds in Namibië handel dryf. “NFD spesialiseer in die voorsiening van grootmaatbrandstof aan boere, plase, oorde, konstruksiemaatskappye, vervoerbesighede en myne oral in die land. NFD voorsien ook ’n volledige reeks bekende en goeie gehalte smeermiddels en olies vir alle moontlike toepassings,” sê hy.
Deesdae verskaf die maatskappy brandstof en produkte tot in die ooste van Namibië – van Otjinene tot op Okamatapati.
As ’n geregistreerde groothandelaar wat brandstof by verskaffers soos Shell, Puma en Total op Walvisbaai aankoop, het hy baie kennis van logistiek en kommersiële besighede.
NFD beskik oor sy eie vloot brandstoftenkwaens waarmee kliënte se brandstof landswyd afgelewer word.
Die maatskappy se tenkinstallering-afdeling bestaan uit ’n groep ervare personeellede wat tenks van alle groottes vir kliënte voorberei, installeer en in stand hou.
“Ons stel toerusting soos tenks en pompe gratis aan ons kliënte beskikbaar, as ’n addisionele voordeel wanneer hulle op grootmaat produkte by ons koop,” sê Botes.
NFD het in die afgelope 17 jaar aan verskeie ouer en kleiner diensstasies begin brandstof voorsien, wat in dié tyd tot bykans 25 toegeneem het.
“Ons het in 2015 ’n besluit geneem om al ons kleinhandelkliënte stelselmatig onder een handelsmerk te laat handel dryf. Ons het ons eie handelsmerk ontwikkel onder die naam Petrosol, wat reeds op ’n paar plekke sigbaar is, onder meer by Palmwag, Sesfontein Anchor Dealers, Maltahöhe en Otjiwarongo. Daar is tans 15 nuwe projekte waarvan sommige heeltemal nuwe diensstasies is. Ander ondergaan slegs opknappings en ’n verandering van handelsmerk,” sê hy.
“Petrosol se teikenmark is om klein, bekostigbare en kompakte diensstasies op te rig wat elkeen deur sy eie eienaar besit en bestuur word. Ons staan ons potensiële kliënte deur die hele proses by, wat gepaard gaan met die oprigting van hierdie klein diensstasies of die opknapping van bestaande diensstasies,” het Botes gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie