Peugeot: Net 93 karre in een jaar gebou
Peugeot: Net 93 karre in een jaar gebou

Peugeot: Net 93 karre in een jaar gebou

Beleidskwessies plaas ’n demper op die ophef wat oor die bekendstelling van die Walvisbaai-vervaardigingsaanleg gemaak is.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage - ’n Karige 93 voertuie uit ’n beplande 1 551 is by die Peugeot-aanleg op Walvisbaai vervaardig sedert president Hage Geingob dit in Desember 2018 met groot geskal bekend gestel het.

Die aanleg sukkel om op dreef te kom weens regulatoriese komplikasies wat die maatskappy voortdurend van toegang tot die gesogte Suider-Afrikaanse streek weerhou.

Die stryd om voertuie in die Suider-Afrikaanse mark te verkoop, wat sowat 300 miljoen mense groot is, is glo weens die gebrek aan ’n ooreenkoms tussen Namibië en die markte waarheen hy wil uitvoer.

Die voertuie is vir Peugeot Citroen Suid-Afrika geoormerk. Die aanleg monteer Peugeot 3008-, Peugeot 5008- en Opel Grandland X-modelle.

“Verkope sukkel omdat ons wag vir ’n doeane- verkope-ooreenkoms om in werking te tree,” sê mnr. Robert van Rooyen, die aanleg se uitvoerende hoof.

Van Rooyen sê die aanleg sal tot die helfte van die jaar voortgaan om voertuie te vervaardig.

“Ons het ’n paar besendings vir die jaar, so ons het heelwat werk wat voorlê,” sê hy.

Dis uiteindelik in die PSA-groep se hande om met die voertuie te maak wat hulle wil, sê hy.

Slegs 93 voertuie is tot dusver vervaardig in vergelyking met die 1 551 wat volgens plan gebou sou word, sê Van Rooyen.

Hy het nie verkoopsyfers verskaf nie, en gesê die klem is op vervaardiging.

Namibië se regering het volgens hom ’n paar van die voertuie aangekoop.

’n Amptenaar van die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê doeaneoorenkomste binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) maak dit vir veraardigers met ’n belangstelling in bestemmings soos Namibië vir hul aanlegte moeilik, omdat 60% van die motoronderdele plaaslik aanmekaargesit moet word.

“Die kwessie hou verband met bykomende pligte wat in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Ekonomiese Vennootskap-ooreenkomste voorkom wat reëls oor oorsprong betref. As ’n land werk ons dus aan beleidsoplossings hiervoor. Mens moenie Sacu of Suid-Afrika blameer nie.

“Reëls oor oorsprong is sleutelvoorwaardes in baie handelsooreenkomste en kan soms, indien jy nie baie goed oplet nie, die ontwikkeling van jou sektor negatief raak,” sê die amptenaar.

Op nasionale vlak lewer Namibië wat reëls van oorsprong betref sleutelbydraes tot sektore soos die motorbedryf.

Volgens amptenare is verskeie handelsooreenkomste wat nie voordelig was nie onderteken en word daar nie daaraan gewerk om dit makliker te maak om plaaslik vervaardigde voertuie te verkoop nie.

Volgens die betrokke amptenaar probeer die ministerie tans verseker dat hy verskeie motoronderdele kan aankoop sodat montering kan plaasvind.

“Die redes word afgewater. Dit is nie ’n Peugeot-kwessie nie, maar ’n beleidskwessie. Ons werk daaraan,” sê die amptenaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!