Peulgewasse herwaardeer
Dié gewasse speel 'n belangrike rol om honger in die strewe na wêreldwye voedselsekerheid te verlig.
Dr. Kobus Laubscher
Suid-Afrika se graanaanbod is deurslaggewend vir wat ook al voorsien word ten opsigte van voedselsekuriteit in Suider-Afrika.
Dit is dus goeie nuus dat die 2020-'21-mielieoes teen alle verwagtings dié van 2019-'20 kan oorskry met selfs 'n redelike uitvoerbare surplus van witmielies wanneer die 2019-'20-seisoen op 30 April 2020 afsluit.
Die somergraanmandjie dui dus op voldoening, terwyl afhanklikheid van ingevoerde koring daardie deel van die vraag na grane kan balanseer, maar mense bly honger.
Die uitdaging is dus nie beskikbaarheid nie, maar wat met minder geld in die beursie gekoop kan word.
Hierdie paradoks is nie net tot suidelike Afrika beperk nie, maar is kenmerkend van die meeste ontwikkelende lande – veral waar die klimaat of fisieke produksieomstandighede graanproduksie ernstig kan inkort.
As teenvoeter word al meer op peulgewasse gefokus om voedselsekuriteit te bevorder.
Vervolgens het die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbouorganisasie (FAO) 10 Februarie tot Internasionale Peulgewasdag verklaar.
Die waarde van peulgewasse
Peulvrugte soos lensies en kekerertjies bevat aansienlike hoeveelhede mikrovoedingstowwe, vesel, minerale en proteïene.
Dit is eenjarige peulgewasse wat vir gedroogde sade gekweek word.
Peulvrugte word as een van die gewasse beskou wat 'n belangrike rol speel om honger te verlig in die strewe na wêreldwye voedselsekerheid.
Dit dra ook tot gebalanseerde en gesonde diëte (FAO, 2016) by.
Ten einde meer lig op die onderwerp te werp, is Wikipedia geraadpleeg.
'n Peulvrug is 'n eenvoudige droë vrug wat uit 'n eenvoudige vrugblaar ontwikkel en gewoonlik langs 'n naat oopbars. 'n Algemene naam vir hierdie tipe vrug is 'n peuldop.
In landbou word peulgewasse hoofsaaklik vir hul graansaad, genaamd peulvrugte, aangeplant.
Dit word vir vee- en kuilvoer gebruik en as groen bemesting om landbougrond op te bou.
Bekende peulplante sluit in lusern, klawer, ertjies, bone, lensies, wolfsboontjies, mesquiteboontjies, karob, soja, grondbone en tamaryn.
Die term “peulvrug”, soos deur die FAO gebruik, verwys ook na gewasse wat uitsluitlik vir hul droë saad verbou word.
Dit sluit groenbone en groen-ertjies uit, wat as groentegewasse beskou word.
Ook uitgesluit is saad wat hoofsaaklik gekweek word om olie te onttrek, soos sojabone en grondbone, asook die sade wat uitsluitlik vir veevoer gebruik word, soos klawer en lusern.
Vir algemene gebruik word hierdie onderskeid nie altyd duidelik getref nie, en baie van die soorte wat vir gedroogde peulgroente gebruik word, word terwyl dit jonk is vir groen groente gebruik.
Peulgewasse is 'n belangrike bron van proteïen, vesel, koolhidrate en minerale.
'n Porsie gaar kekerertjies van 100 g bevat 18% van die aanbevole daaglikse hoeveelheid proteïen, 30% vesel, 43% folaat en 52% mangaan.
Soos ander plantkosse bevat peulgewasse min vet, min kilojoules en geen cholesterol.
Peulgewasse is ook 'n uitstekende bron van weerstandige stysel, wat deur bakterieë in die dikderm afgebreek word om kortkettingvetsure te vervaardig, wat deur die dermselle vir energie gebruik word.
Peulplante vir veevoer kom in twee breë kategorieë voor.
Sommige, soos lusern en klawer, word in weivelde gesaai en deur vee geëet.
Ander is meer houtagtig, 'n struik- of boomspesie, wat óf deur vee gebreek word óf gereeld gesny moet word om veevoer te verskaf.
Peulgewasse is opvallend omdat die meeste van hulle simbiotiese stikstofbindende bakterieë in hul wortelknoppies het.
Hierdie bakterieë het die besondere vermoë om stikstof uit die atmosferiese, molekulêre stikstof (N2) in ammoniak (NH3) om te sit.
Hierdie ordening beteken die wortelknoppies is bronne van stikstof vir peulplante, wat relatief ryk aan plantaardige proteïene is.
Alle proteïene bevat stikstofhoudende aminosure. Stikstof is dus 'n noodsaaklike bestanddeel in die produksie van proteïene.
Peulplante is gevolglik een van die beste bronne van plantproteïen. Wanneer peulplante ná die oes in die veld doodgaan, word al die oorblywende stikstof weer in die grond vrygestel.
In die grond word die aminosure dan in nitraat (NO3) omgeskakel, wat die stikstof aan ander plante beskikbaar stel, en sodoende as bemesting vir toekomstige aanplantings dien.
In baie tradisionele en organiese boerderypraktyke is wisselbou met peulgewasse algemeen.
Deur afwisseling tussen peulplante en niepeulplante kry die veld 'n voldoende hoeveelheid stikstofhoudende verbindings vir goeie resultate – selfs wanneer niepeulgewasse geoes word.
Peulgewasse word daarom as “groen bemesting” beskryf.
Om hierdie rede speel dit 'n belangrike rol in wisselbou.
Peulgewasse se veelsydigheid verdien vervolgens 'n herwaardering – veral wat inheemse peulgewasse betref.
Laasgenoemde moes plek maak vir eksotiese ingevoerde peulgewasse, wat die aanpasbaarheid by unieke plaaslike agro-ekologiese omstandighede kan inboet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie