Peya wis niks van Stad Windhoek se plan
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling is steeds nie oor die Windhoek-munisipaliteit se omkeerplan ingelig nie.
Denver Kisting
Teen gisteroggend het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, nog geen amptelike woord oor Windhoek se 90-dae- omkeerplan gehoor nie.
Mushelenga het Donderdagaand aan Republikein gesê hy het in die media van die omstrede plan gelees.
Gisteroggend het hy via WhatsApp laat weet die toedrag van sake is onveranderd: “Nee, ek is nie ingelig nie.”
Republikein het verlede week besonderhede oor die plan onthul.
Onder meer beplan die Windhoekse stadsraad (CoW) om vir 'n ruk lank nie groot uitgawes te betaal nie in die hoop om geld te bespaar.
Dít, sê die plan, moet veral geld vir krediteure wat nie rente hef nie.
Luidens die plan hoop CoW ook om Mushelenga se ministerie te laat pa staan vir ander uitgawes se rente.
CoW se ellende word veral vererger deur 'n maandelikse salarisrekening van N$124 miljoen – en N$1,4 miljard per jaar – lui 'n gelekte notule.
Die CoW-base hoop om die stad se werknemers te oortuig om vir 'n jaar met geen salarisverhogings vir lief te neem.
oortrokke
Vir sy oortrokke bankrekening benodig hy dringend tussen N$500 miljoen en N$600 miljoen.
Destyds, toe Staatshuis opgerig is, het CoW hulle nie vir die stuk grond vir die veiligheidsone rondom die presidentswoning aangeslaan nie.
Weens die geldnood hoop hy om hieruit ook fondse te in.
Brandstof vir BBP's se begeleidingsdienste is een van die uitgawes wat CoW se leë koffers verder tap.
Boonop is dié diens net vir Staatshuis bestem, maar ministers, hul adjunkte en ander hoëlui trek tans gratis voordeel hieruit.
CoW wil ook dringend 'n aantal eiendomme verkoop in 'n poging om die finansiële verknorsing te verlig.
Mnr. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof, het verlede week die koerant daarvan beskuldig dat hy die plan wil laat ontspoor.
Boonop, het hy gesê, dit is in dié stadium 'n interne dokument en moes nie in die openbare domein beland het nie.
Kahimise betwis ook dat die stadsraad sy plan afgeskiet het.
Hoewel hulle daarvan bewus kan wees, moes hy hulle nog formeel daaroor toespreek, het hy gesê.
Volgens die vertroulike notule moet die plan reeds van volgende week af in werking gestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie