Pfizer vandag in Namibië verwag
Die Covid-entstof Pfizer word vandag in Namibië verwag. Volgens die hoof van die Namibiese taakspan vir die land se immuniseringsveldtog, me. Petronella Masabane, kom 100 620 dosisse vandag in die land aan. Volgens Masabane sal dié enstof wat onder baie koue omstandighede gestoor moet word, na streke gestuur word wat oor die vereiste verkoelingsgeriewe beskik en wat nege van die 14 streke insluit.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie