Pharos Woordeboeke stel Tesourus van Afrikaans op Netwerk24 bekend
Pharos Woordeboeke stel Tesourus van Afrikaans op Netwerk24 bekend

Pharos Woordeboeke stel Tesourus van Afrikaans op Netwerk24 bekend

Yandi Du Plessis
Pharos Woordeboeke, ’n druknaam van NB-Uitgewers, stel vandeesmaand die Tesourus van Afrikaans bekend – die enigste volwaardige tesourus in Afrikaans wat die eerste keer sedert 1994 bygewerk is. Jy kan dié boekbekendstelling eksklusief op Netwerk24 beleef!

Die Tesourus van Afrikaans is ’n woordvriend soos min – of jy nou ’n student is of ’n joernalis, ’n e-pos wil skryf of ’n roman of sommer net lief is vir woorde. Dit is ’n opwindende hulpbron vir elkeen wat doeltreffend in Afrikaans wil kommunikeer en help taalgebruikers reeds sedert 1994 om die juiste Afrikaanse woord vir die tyd, plek en oomblik te vind.

Dit stel die skrywers en uitgewer in staat om die Tesourus van Afrikaans in die toekoms gereeld by te werk soos Afrikaans bly groei en groei.

Die heruitgawe van die Tesourus van Afrikaans spog met Pharos Woordeboeke se nuwe oranje voorkoms en ’n netjiese, moderne uitleg. Dit is omvattend met meer as 140 000 woorde en uitdrukkings wat in 855 betekenisvelde gerangskik is.

Dit bevat meer as 20 000 nuwe inskrywings, waaronder sleng, woorde van die gebruiksvariëteite van Afrikaans en woorde wat ontwikkelings in die samelewing en tegnologie weerspieël. Jy kan nou sinonieme en ander aanverwante woorde soek vir terme soos cool, sharp, newer, komvandaan, emotikon, kuberkraker, ekovriendelik, grendeltyd en vele meer.

Die Pharos-span is trots op en opgewonde oor hierdie reusetaak wat nou afgehandel is en die Afrikaanse skatkis in al sy vorms verruim, nie net in gedrukte formaat nie, maar ook digitaal, by PharosAanlyn.

“Dit stel die skrywers en uitgewer in staat om die Tesourus van Afrikaans in die toekoms gereeld by te werk soos Afrikaans bly groei en groei.”

Die skrywers, Leon en Amanda de Stadler, meen Afrikaans staan beslis nie stil nie. Hulle werk reeds aan nog opwindende projekte wat ook deur Pharos Woordeboeke uitgegee sal word.

“Met hierdie tesourus erken ons graag die enorme werk wat Afrikaanse leksikograwe oor die jare gedoen het en bly doen. Hierdie werk – en dit sluit die werk aan die Tesourus van Afrikaans in – demonstreer die lewenskragtigheid van die taal op dramatiese wyse deur die groei van die woordeskat, letterlik van dag tot dag.”

Die De Stadlers het elk ’n gunsteling-toevoeging tot die tesourus.

Leon: “Myne is werfetter – Afrikaans is baie kreatief as dit by vloekwoorde kom!”

Amanda: “Myne is vernalatig, want dit ondersteun my sterk gevoelens oor die rykdom van Afrikaans se variëteite.”

Leon is emeritus hoogleraar en afgetrede direkteur van die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum. Hy bedryf sy eie konsultasie-onderneming in dokumentontwerp en is betrokke by verskeie woordeboekprojekte. Amanda is die voormalige uitvoerende hoof van Vriende van Afrikaans. Sy is ’n kinderboekskrywer en ook betrokke by verskeie woordeboekprojekte.

Skakel Donderdag 18 Februarie om 18:30 in op Netwerk24 om na die bekendstelling van die Tesourus van Afrikaans te kyk. Dr. Wanda Smith, voormalige uitgewer by Pharos, sal met Leon en Amanda de Stadler oor hul handewerk gesels.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!